Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Volg dié nuwe gebooie, sê kerk

God het die Tien Gebooie op twee kliptafels geskryf en vir Moses gegee maar die Kerk van Engeland, oftewel die Anglikaanse kerk, het ’n nuwe stel gebooie voorgestel.

Die kerk het Maandagaand hul eie gebooie vir sosiale media bekend gestel.

“Dit is riglyne wat vir alle sosiale media geld wat deur die kerk, die aartsbiskop van Kantelberg en aartsbiskop van York bedryf word,” sê Justin Welby, aartsbiskop van Kantelberg.

Justin Welby, aartsbiskop van Kantelberg. Foto: Getty Images

“Sosiale media laat Christene toe om die nuus van Jesus Christus te versprei, maar daar is ook nadelige aspekte, omdat gebruikers nie altyd hul gesonde verstand of vriendelikheid gebruik soos wat hulle in persoon sou doen nie.”

Welby sê hulle voel die riglyne kan wêreldwyd toegepas word.

“Hierdie riglyne is ’n hulpmiddel vir Christene, maar ons moedig ook mense van ander gelowe of kerke aan om hiervan gebruik te maak.”

Die St. Paul-katedraal in Londen. Foto: Getty Images

Die kerk se gebooie vir sosialemediagebruikers is as volg:

* Wees veilig:

Die veiligheid van kinders, jong mense en kwesbare volwassenes is baie belangrik. As jy enigsins besorgd is, vra die bisdom se beskermingsadviseur.

* Respekteer ander:

Moenie inhoud deel wat seksueel eksplisiet, haatvol, beledigend, oneerbiedig of bedreigend is nie.

* Wees vriendelik:

Behandel ander mense soos jy behandel wil word en aanvaar die beste van ander mense. As jy kritiek moet lewer, dink oor hoe jy dit in persoon sou sê en neem jou stemtoon in ag.

* Wees eerlik:

Moenie mense mislei oor wie jy is nie.

* Neem verantwoordelikheid:

Jy is verantwoordelik vir die dinge wat jy doen, sê en skryf. Die boodskappe en foto’s wat jy deel, kan permanent in die openbaar bly. As jy nie seker oor iets is nie, moet dit nie plaas nie.

* Wees ’n ambassadeur:

Persoonlike en beroepslewe kan verwar word. Dink voordat jy iets plaas.

* Dink oor jou mening:

Party gesprekke kan heeltemal van mening verskil, maar dit is belangrik dat jy jou waardes toepas wanneer jy jou mening gee.

* Gee vir ander krediet:

Gee vir mense krediet vir hul werk. Wees versigtig om vertroulike inligting te deel en bevraagteken die inhoud wat jy oorweeg om te deel.

* Volg die reëls:

Volg die reëls en regulasies van verskeie sosialemediaplatforms.

Welby het ’n beroep op Christene gedoen om te dink oor hoe hulle aanlyn lewe.

Meer oor:  Sosiale Media
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.