Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Vrou kry verlore trouring terug voor huweliksherdenking

’n Vrou van George in die Suid-Kaap het haar trouring wat in ’n gimnasium agtergebly het, teruggekry danksy ’n onbekende weldoener – ’n dag voor haar en haar man se huweliksherdenking.

Karen Fouché (52) was verlede Woensdag skuins voor 10:00 in die Virgin Active-gimnasium se kleedkamer waar sy room aan haar gesig gesmeer het nadat sy gestort het. Sy het haar trouring afgehaal en op ’n granietblad neergesit.

Karen Fouché se trouring. Foto: Verskaf

In die motor het sy besef haar trouring is nie aan haar vinger nie, maar gedink sy het dit moontlik in haar sakkie met grimering gesit.

“Ek was laat vir ’n afspraak en het eers gery,” sê sy.

By die Garden Route Mall gekom (waar haar afspraak was), het sy egter nie die ring in die sakkie gekry nie. “Ek het gedink ek het dit moontlik in die gimnasium gelos of dat dit dalk selfs afgerol het,” sê sy.

Sy het die gimnasium gebel en moes die ring aan ’n werknemer beskryf. Die werknemer het toe laat blyk dat ’n soortgelyke ring wel by hulle ingehandig is.

Fouché is later die middag terug na die gimnasium waar dit inderdaad haar trouring was. Dit is onbekend wie dit ingehandig het.

Sy sê daar was twee ouer vroue saam met haar in die kleedkamer en dit is moontlik dat dit een van hulle was wat die ring gevind en ingehandig het.

Sy was maar net te bly om die ring terug te kry omdat die volgende dag – 4 Julie – haar en haar man, Francois, se 32ste huweliksherdenking was.

“Wie dit ook al is, ek is regtig baie dankbaar. Ek sien die Here se hand in alles en glo daardie persoon gaan ge-bless word,” sê sy.

Sy het ook ’n inskrywing oor die voorval op die Facebook-blad, Georgiete staan saam, geplaas met die hoop dat die weldoener na vore sal kom, maar tevergeefs.

Die egpaar is destyds in Brakpan aan die Oos-Rand getroud.

Meer oor:  Karen Fouché  |  Verlore Trouring
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.