Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Vrou kaalbas op perd deur Clarens ‘om kankersege te vier’

’n Sakevrou van Clarens wat in evasgewaad op ’n perd deur die dorp gery het om die lewe te vier nadat sy kanker oorwin het, het inwoners behoorlik aan hul bier laat stik.

Vanessa Faarking Jenkins (48) het Donderdagmiddag op ’n spierwit perd deur die middedorp gery, begelei deur Thabo Mahloana, die eienaar van die perd.

Vanessa Faarking Jenkins glimlag breed terwyl sy die lewe vier waar sy kaalbas op ‘n perd deur Clarens ry. Thabo Mahloana, die perd se eienaar, was trots om haar op haar roete te begelei. Foto: Verskaf

Sy is die eienaar van Neked, ’n winkel op die dorp wat onder meer dagga-olie verkoop.

Hoewel baie inwoners haar toegejuig het, is ander briesend.

“Vat jou heksery, klim op jou perd en trap!” het iemand haar toegesnou.

Lindi van Rooyen het haar optrede op die Clarens News Group op Facebook beskryf as “afskuwelik, siek en heeltemaal onaanvaarbaar”. Sy hoop daar gaan teen Jenkins opgetree word.

Jenkins sê die kaalbasryery was nie om aandag te trek nie.

Jenkins, wat onlangs haar stryd teen velkanker oorwin het, wou só “die lewe vier” en bewusmaking van kanker skep.

As jong vrou was sy altyd lief om in die son te bak en het sy haar lyf mooi en fiks gehou.

“Toe ek met kanker gediagnoseer is, het my lyf heeltemal verander. Die siekte het my fisiek en emosioneel geknak.”

Jenkins sê sy het haar lus en liefde vir die lewe heeltemal verloor.

Net soos die kanker het die perd my ook ’n paar keer afgegooi. Dan moet jy maar opstaan, opklim en verder ry.

“Ek, wat lief is vir mense, het in ’n kluisenaar verander, want ek het skaam gekry vir myself.”

Sy het op soek na genesing van Johannesburg na Clarens verhuis.

“ ’n Laaste operasie om ’n kankergewas in my rug te verwyder en die gebruik van dagga-olies het my gered,” sê sy.

In haar winkel verkoop sy onder meer produkte wat dagga-olies bevat. Sy hoop die genesingseienskappe van die olies kan ander ook help.

“Waar ek teen die grond gedruk was, kon ek myself weer optel en my lewe weer vier.

“My lyf is ná die kanker vol letsels gelaat, maar dit is deel van my reis en dit moet ook gevier word.”

Jenkins sê dié besef het vir haar emosionele genesing gebring.

Jenkins sê dit was beslis nie vir die grap dat sy kaal op die perd geklim het nie.

“Net soos die kanker het die perd my ook ’n paar keer afgegooi. Dan moet jy maar opstaan, opklim en verder ry.”

Volgens haar het die polisie wel opgedaag terwyl sy op die perd se rug was, maar haar laat begaan.

Meer oor:  Clarens  |  Perdry  |  Sakevrou  |  Kaalbas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.