Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Vrou van 94 durf foefieslaaid oor see in Mosselbaai aan
Marie Fick (94) maak Saterdag gereed om die foefieslaaid by die Punt in Mosselbaai aan te pak.

Dit is niks om voor bang te wees nie, maar dit gaan net veels te vinnig verby.

So vertel Marie Fick (94), oud-predikantsvrou en tans ’n inwoner van die Lofdal-aftreeoord in Bloemfontein wat die naweek by die Punt in Mosselbaai met die langste foefieslaaid ter wêreld oor ’n oseaan (1,1 km) gegly het.

“Ek sal vir dit enigiemand aanbeveel,” het sy Maandag gesê.

Fick het by haar dogter, Mariaan Fick-Joubert, in Danabaai, Mosselbaai, gekuier toe sy en ’n vriend, Pieter (Swannie) Swanepoel, ’n ingenieur wat betrokke was by die ontwerp van die foefieslaaid, Saterdag die foefieslaaid vir haar ma gaan wys het.

Swanepoel sê Fick het nie ’n bang haar op haar kop nie. “Toe sy hoor die glykabel is 1,1 km oor die see, moes sy dit net doen. Dit was so wonderlik om te sien. Onbekende mense het haar gelukgewens, aangemoedig en foto’s geneem.”

Volgens Swanepoel is hulle besig om ’n selfs langer foefieslaaid te beplan wat 3 km ver strek, op ’n plek wat hy nie nou al bekend kan maak nie.

“Tannie Marie het selfs gesê dié glykabel wil sy beslis ook gaan ry. Sy is ’n voorbeeld vir baie ander mense.”

Fick sê sy is dankbaar dat sy die geleentheid gekry het om met die foefieslaaid te ry.

Sy was glad nie bang nie, vertel Marie Fick (links) van Bloemfontein oor haar foefieslaaid-ervaring by die Punt in Mosselbaai, wat oor die see strek. By haar is haar dogter, Mariaan Fick-Joubert.
Marie Fick (links) en haar dogter, Mariaan Fick-Joubert, Saterdag by die foefieslaaid in Mosselbaai.

“Jy gly glad nie vinnig nie. Dis stadig en rustig en jy kan die mooi rotse en die see sien. Dit was ’n baie lekker ondervinding. Dit gaan net te vinnig verby. As jy weer sien, is dit klaar.”

Fick het Sondag terug Bloemfontein toe vertrek. Sy is oorspronklik van Welkom en was met ds. Uys Fick, ’n NG predikant van Welkom, getroud. Die egpaar het lank sendingwerk in lande soos Zambië gedoen. Hy is vyf jaar gelede dood.

Meer oor:  Mosselbaai  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.