Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Vroue op ‘ysterperde’ sit glimlagte op kindergesigte

Die gedreun van tientalle brullende motorfietse het Saterdag in die Rosestad opgeklink toe verskeie vrouemotorfietsryers aan die jaarlikse International Female Ride Day deelgeneem het.

Die dag, wat reeds die afgelope 15 jaar op die eerste Saterdag in Mei gevier word, word jaarliks gehou in solidariteit met en ter ondersteuning van vrouemotorfietsryers.

Dit was die afgelope Saterdag egter die eerste keer dat vroue van verskeie motorfietsklubs in die Rosestad vir dié dag byeengekom het.

Hulle het eers ’n kranslegging aan die voet van die Vrouemonument gedoen voordat hulle na Ons Kinderhuis vertrek het om geskenkpakkies aan die kinders uit te deel.

Joyce Jacobs, president van die Immortals Bloemfontein-motorfietsklub, sê die kinders se glimlagte het die koue rit op die motorfiets die moeite werd gemaak.

“En soos net ons kan, het ons biker-ma’s die glimlagte al hoe breër gemaak toe ons ons fietse laat opdreun.”

Jacobs sê dit is ’n dag wat nog lank in haar geheue sal bly. “Dit was ’n ongelooflike ervaring.”

Grace Rodrigues van die Lady of Harley-motorfietsklub in die stad moes haar trane wegpink toe hulle die kinders ontmoet.

Dit was ook vir haar lekker om die samesyn tussen die verskillende klubs te beleef.

Zuane Nieuwenhuizen, kliniese maatskaplike van Engo, sê die vroue se besoek was vir talle kinders die hoogtepunt van hul skoolvakansie.

Mollie Groenewald, organiseerder van die rit, sê hulle hoop om dit volgende jaar na die res van die Vrystaat uit te brei.

Die motorfietsryers by die Vrouemonument, waar hulle ’n krans ter nagedagtenis van Emily Hobhouse lê. Foto: Mlungisi Louw

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.