Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Vrouemaand: Raad se stigter trots op sakevroue

Sy is trots op die rol wat sakevroue in die sakewêreld vervul het sedert sy in die 1980’s die Suid-Afrikaanse Raad vir Sakevroue (SACBW) gestig het.

So sê Rika Venter (84), skilder en sakevrou van Oudtshoorn in die Klein-Karoo.

Thinus en Rika VenterFoto: Verskaf

Volgens haar het die raad, die eerste in sy soort vir sakevroue in Suid-Afrika, ’n platform geskep om sakevroue bymekaar te bring en te bemagtig.

Benewens die stigter was sy ook die raad se eerste president. Die raad vier vanjaar sy 31ste bestaansjaar.

Venter sê die nuwe millennium het verdere groei en vernuwing onder sakevroue teweeggebring.

“Sakevroue beklee vandag topposte en het hulself in die sakewêreld oortref,” sê sy.

Venter, voorheen die eienaar van ’n kunsgalery, is ook die eerste vrou wat lid van die bestuurspan van die Johannesburgse Afrikaanse Sakekamer (JAS) was. Sy is ’n erelid van die Afrikaanse Handelsinstituut (AHi). Sy het ook ’n boek, Grondleggers van Suid-Afrikaanse kuns, saamgestel.

Volgens Venter het haar man, Thinus Venter (91), ’n meganiese ingenieur, haar as sakevrou ondersteun. Die egpaar het vyf kinders en 20 klein- en agterkleinkinders. Hulle is vanjaar 66 jaar getroud. Thinus was onder meer betrokke by die invoer van die eerste John Deere-trekkers na Suid-Afrika.

Meer oor:  Oudtshoorn  |  Vrouemaand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.