Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
VS-sweeftuig­vlieënier neem in Duitsland deel

Die Vrystater Riaan Denner (30) is gekies vir die nasionale sweeftuigspan wat later vanjaar aan die wêreld­kampioen­skap in Stendal, Duitsland, gaan deelneem.

Denner en sy medesweeftuigvlieënier Jason Adriaan sal van 10 tot 31 Julie in die tweesitplek-afdeling van die wêreld­byeenkoms meeding.

Denner, ’n oud-Kroonstadter, woon deesdae in Parys en werk in Potchefstroom.

In Desember verlede jaar het hy aan die nasionale sweeftuigkompetisie – wat oor agt dae in Welkom plaasgevind het – deelgeneem. Sy teenstanders was voormalige wêreldkampioene en oorsese vlieëniers.

Nuwe opdragte is daagliks aan al die vlieëniers gegee, en die vlugte moes volgens spesifieke instruksies uitgevoer word.

Riaan Denner, oud-Kroonstad­ter en deesdae van Parys in die Vrystaat, is steeds by die Kroonstad-sweeftuigklub betrokke.

Vlieëniers se uitslae is deur hul spoed bepaal.

Denner het op 16-jarige ouderdom dié sportsoort begin beoefen en reeds op skool sy sweeftuiglisensie gekry. Sedertdien het hy homself as ’n sweeftuiginstrukteur gekwalifiseer.

Hy is die afgelope agt jaar ’n instrukteur wat vlieëniers van Kroonstad, Potchefstroom, Springs en Vaal Reefs oplei.

In Mei 2019 het hy saam met Arjan Schaap, ’n bekende in sweeftuigkringe, in die tweesitplek-afdeling van die Gautengse streekkompetisie deelgeneem.

Dié twee het ook in Oktober en Desember 2019 in die na­sionale sweeftuigbyeenkoms meegeding.

Riaan Denner in aksie tydens verlede jaar se sweeftuigstreekkompetisie in Gauteng.

Verlede jaar in September het Denner in die eensitplek-afdeling van die streek­kompetisie in Gauteng deelgeneem, waar hy ondanks strawwe mededinging goed gevaar het.

“Ons werk nou hard vir die wêreld­byeenkoms,” sê Denner.

“Ek glo dit is enige vlieënier se droom om as wêreldkampioen gekroon te word.”

  • Die berig het eers in VrystaatKroon verskyn.
Meer oor:  Duitsland  |  Span
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.