Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Vyfjarige leer kinders gebaretaal
Aws Oudah neem gebaretaal op vir sy YouTube-kanaal. Foto: Reuters

’n Vyfjarige seun van Jordanië het ’n YouTube-kanaal begin om ander jongelinge die beginsels van gebaretaal te leer.

Aws Oudah het gebaretaal geleer om met sy gehoorgestremde ouma en oupa te kommunikeer.

“Ek maak hierdie video’s om ander mense in staat te stel om met mense te kommunikeer wat gehoorgestremdhede het. Hulle leer by my en trek voordeel daaruit.”

Die jong YouTube-ster se pa is ’n gebaretaal-tolk wat dink sy seun het ’n blink toekoms in dié veld.

“Aws herinner my aan my kinderjare. Sy moedertaal is gesproke taal, maar terselfdertyd leer hy gebaretaal.

“Ek was die teenoorgestelde: Toe ek die gesproke taal leer, was my moedertaal weer gebaretaal. Ek is so bly oor Aws en sy kanaal, want hy versprei die kultuur van gebaretaal onder kinders en jong mense.”


Meer oor:  Jordanië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.