Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Waar hy vir altyd inspireer

Die afgelope week is Nelson Mandela-dag vir die tiende keer gevier. Ons het gaan soek na vyf plekke waar jy ’n standbeeld van dié oudstaatshoof kan besoek.

1. Foto: iStock

1. Die Stemry-standbeeld, Donkin-reservaat, Port Elizabeth, Oos-Kaap

’n Standbeeld van Nelson Mandela staan en wink ’n ry van 48 mense (kiesers en kinders) nader. Dit is 36,6 m lank en weeg 14 ton. Anthony Harris het dit ontwerp en die kunstenaar Konrad Geel het hom in 2010 gehelp om dit te voltooi.

Die kunswerk op die toneel waar Madiba net buite Howick in hegtenis geneem is, is die geesteskind van die kunstenaar Marco Cianfanelli. Foto: iStock

2. Nelson Mandela-inhegtenisnemingsterrein, Howick, KwaZulu-Natal

Nelson Mandela is op 5 Augustus 1962 net buite Howick in hegtenis geneem en daarna het hy 27 jaar in die tronk deurgebring. As jy op die regte plek staan, sien jy Madiba se gesig in ’n struktuur van 50 staalpale wat tussen 6 m en 9,5 m hoog staan. Dit staan waar hy in hegtenis geneem is.

Mense juig tydens die bekendstelling van die beeld in Ramallah aan die Wesoewer. Foto: REUTERS/Mohamad Torokman

3. Nelson Mandela-beeld, Nelson Mandelaplein, Ramallah, Wesoewer

Net buite die stad Ramallah aan die Wesoewer staan ’n 6 m hoë Madiba vuis omhoog en waak. Dié omstrede bronsbeeld is ’n geskenk van die Johannesburgse munisipaliteit aan die Palestynse stad en die onthulling het saamgeval met die amptelike opening van die Nelson Mandela-plein in Ramallah in April 2016.

The statue of former president, Nelson Mandela on top of Naval Hill still attract crowds of people that want to be photographed in front ofr the statue. Foto: Conrad Bornman

4. Nelson Mandela-beeld, Naval Hill, Bloemfontein, Vrystaat

Hierdie bronsbeeld van Nelson Mandela wat uitkyk oor Bloemfontein staan 8 m hoog en, nes vele ander, staan hy met ’n vuis in die lug. Die standbeeld is in Desember 2012 onthul, 100 jaar nadat die ANC in dieselfde stad tot stand gekom het.

Die standbeeld van Madiba wat buite die Suid-Afrikaanse ambassade in Washington D.C. staan. Foto: Reinhardt Hartzenberg

5. Nelson Mandela-beeld, Suid-Afrikaanse ambassade, Washington D.C., VSA

Buite die Suid-Afrikaanse ambassade in die Amerikaanse hoofstad, Washington D.C., staan ’n beeld van Madiba. Jean Doyle het die standbeeld gemaak, wat 2,7 m hoog staan en ’n halwe ton weeg. Dis opgerig op die plek waar Amerikaners destyds betoog het teen die aanhouding van die bevrydingsleier.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.