Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Wanneer die bobbejaan die pasta agter die bult gaan haal
Die bobbejaan sit soos ’n wafferse gas aan tafel by ’n bekende restaurant in Constantia.Foto: Jamie Pyatt
Die ander restaurantgangers lyk nie asof die bobbejaan hulle pla nie.Foto: Jamie Pyatt

’n Bobbejaan wat soos ’n wafferse heer by ’n bekende restaurant aan pasta smul, is nie ’n prentjie wat jy aldag sien nie.

Dit is egter presies wat die afgelope naweek by Jonkershuis-restaurant in Constantia, Kaapstad, gebeur het.

Jamie Pyatt het Sondag in ’n plasing op Facebook geskryf die bobbejaan het by een van die tafels in die restaurant gaan sit.

Daarna het hy aan spaghetti bolognese begin smul.

“Vir diegene wat al by die Jonkershuis-restaurant by Groot Constantia geëet het, hier is ’n bobbejaan wat nes ’n mens optree en perfek gemanierd by ’n tafel sit en spaghetti bolognese eet,” skryf Pyatt.

“Of moet dit spaghetti baboonaise en spaghetti carbaboonara wees?”

Pyatt skryf verder dat die ander klante nie veel gepla was oor die bobbejaan in hul midde nie.

“Die kelnerin was egter ontsteld omdat sy nie ’n fooitjie gekry het toe hy weg is nie,” spot Pyatt.

Die restaurant wou nie Maandag kommentaar lewer nie.

Klik hier om na die video te kyk. 

Meer oor:  Constantia  |  Pasta  |  Eet  |  Restaurant
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.