Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Wanneer die grootte van jou familie uitbrei . . .

Dié vakansietyd gaan talle Amerikaners ’n vloeidiagram nodig hê om uit te werk hoe hulle almal verbind is.

Wat noem jy byvoorbeeld die 11-jarige seun van jou stiefma se seun se inwonende meisie?

Namate familiestrukture ingewikkelder word, word daar met nuwe navorsing probeer om die neiging te kwantifiseer. Die vermeerdering van stiefkinders, halfsibbe en ander uitgebreide verwantskappe het belangrike implikasies vir die manier waarop Amerikaanse families funksioneer.

Mense in stieffamilies is dikwels onseker van wat hul verpligtinge teenoor hul stieffamilie is.

Byna ’n derde van alle Amerikaanse huishoudings waarvan volwassenes jonger as 55 aan die hoof staan, het minstens een stiefouer, toon onlangse ontledings van opnamedata deur die Universiteit van Massachusetts in Boston se prof. Emily Wiemers en andere. Eweneens toon die studie dat paartjies ouer as 55 wat kinders het in 33% van die gevalle ’n stiefkind het.

Dié stiefverwantskappe kan die grootte én definisie van ’n familie uitbrei – navorsers het getroude en ongetroude saamwoonpaartjies in die ontleding gebruik.

Vir Amerikaners met volwasse kinders, insluitend stiefkinders, vermeerder die ­getal kinders met 66%, is bevind.

Die toename in egskeidings en hertrou vuur dié groei in familiegrootte aan. In die afgelope twee dekades het die egskeidingskoers vir ouer Amerikaners verdubbel.

Byna 30% van mense ouer as 50 is meer as een keer getroud, toon ’n onlangse studie deur navorsers aan die Bowling Green-staatsuniversiteit. Sowat 40% van ouer Amerikaners met kinders is in stieffamilies, toon opnamedata.

“Mense in stieffamilies is dikwels onseker van wat hul verpligtinge teenoor hul stieffamilie is,” sê prof. Karen Benjamin Guzzo, medeprofessor in sosiologie aan Bowling Green.

“Dit is eienaardig vir individue om te voel hulle moet kies hoe hulle hul hulpbronne moet versprei tussen hul biologiese en stieffamilie.”

Dié kwessies duik op wanneer beplan word vir vakansies, universiteitsgeld betaal moet word en veral wanneer ouers en stiefouers begin oud word. Paartjies kan twis oor hoeveel geld of tyd hulle aan kinders uit hul vorige, teenoor hul huidige verhoudings, verskuldig is.

Baie stieffamilies is natuurlik taamlik geheg aan mekaar en baie tradisionele families kom nooit oor die weg nie. Maar stiefgesinne moet gewoonlik harder werk om hul groter families bymekaar te hou, is die gevolgtrekking. Bloomberg

Meer oor:  Familie  |  Huwelike
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.