Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Warm vroue werk beter – en mans wil koud wees

Die stryd om beheer oor die lugversorging in baie kantore het ’n wetenskaplike grondslag, het Duitse navorsers bevind.

Die rede? Vroue se breine werk beter in warmer temperature en mans s’n in kouer temperature.

In die Duitse navorsing het 500 mans en vroue ’n reeks take in verskille temperature gedoen.

Vroue het wiskundige en verbale take beter gedoen in ’n warmer omgewing en mans andersom, berig The Flinders News.

Die toename in vroue se prestasie in warmer temperature is aansienlik meer as die afname in mans se prestasie in dié temperature.

“Ons bevindinge dui dus daarop dat gemengde werkplekke produktiwiteit kan verhoog deur die werkomgewing warmer te maak,” skryf Valerio Capraro van die Middlesex-Universiteit in Brittanje en redakteur van die artikel in die vaktydskrif PLOS One.

Die bevindinge verduidelik volgens The Guardian dalk hoekom mans wat ’n pak en ’n das kantoor toe dra daarop aandring om die kantoor in ’n yskas te verander terwyl vrou ekstra truie, serpe, sokkies en selfs komberse kantoor toe moet bring.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.