Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Wat gaan ná matriek gebeur?

Het jou matriekkind of -kleinkind nog vrae oor wat hy of sy ná matriek wil doen? Dan is Beeld se Matriek-Lente-ekspo op 1 September by Weiveld in Pretoria die plek om te wees.

Francois van Coke. Foto: Jaco Marais

Die ekspo is die ideale geleentheid om meer te wete te kom oor moontlike studierigtings en loopbane.

Hoërskoolleerlinge is welkom en ouers hoef nie tuis te bly nie.

Kom vra al jul vrae en geniet daarna middagete by The Beach Bar, die Bronberg-restaurant of Flavorville terwyl julle gesels oor die opwindende studiejare wat voorlê.

Aan pret gaan daar nie ’n tekort wees nie. Die sanger Francois van Coke tree op, met die musiekgroep Tussen Sterre wat die voor-optrede gaan doen.

Die skool wat die meeste kaartjies koop (’n minimum van 50) wen ’n matriekafskeid by die Monument Func­tion-sentrum in Pretoria in 2020.

Die prys sluit ’n optrede van Tussen Sterre en ’n fotohokkie vir twee uur in.

Kaartjies vir Beeld se Matriek-Lente-ekspo kos R80 as jy net die skou wil bywoon en R120 en R150 vir die skou sowel as Van Coke en Tussen Sterre se optrede.

’n Groepbespreking vir tien kaartjies kos R1 100.

Daar is ook ’n BBP-pakket vir R400 waar jy Van Coke kan ontmoet. Dit sluit middagete en ’n getekende CD in.

  • Kaartjies is beskikbaar op tixsa.co.za. Ondernemings en instellings wat wil uitstal, stuur e-pos na cornette.zietsman@media24.com.
Meer oor:  Francois Van Coke  |  Matriek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.