Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Watter dieet is regte een vir jou?

Is ’n gesonder lewenstyl een van jou Nuwejaarsvoornemens? VIA (DStv-kanaal 147) se dieetprogram Genoeg, waarin 13 oorgewig mense met die hulp van ’n paneel kenners die kilo’s afskud, kan jou help om jou lewenstylrevolusie in 2018 te verwesenlik. Die kenners sal elke week advies verskaf.

Gert Coetzee, Genoeg se dieetprogramsamesteller.Foto: Verskaf

Dit is belangrik om ’n dieet te soek wat by jou pas, sê Gert Coetzee, die dieetprogramsamesteller.

“Afgesien daarvan dat jou dieet gesonde beginsels, riglyne en alle voedselgroepe moet bevat, is die belangrikste dat dit ’n permanente lewenswyse kan raak. Dit moet dus in jou daaglikse lewe en werk prakties, maklik en haalbaar wees om jou gewig te beheer,” sê hy.

Sy wenke:

  • In die verlede was die riglyne altyd kalorieë- of kilojoules-georiënteerd – wat beteken eet minder en oefen meer – maar dit is nie prakties en maklik om te volg nie. Die hongerpyne en tyd vir oefening is maar altyd ’n probleem. Boonop het die langer ure wat ons deesdae werk en die versoeking van kitskos bygekom.

  • Ons moet dus iets anders kry wat meer haalbaar, prakties, logies en permanent kan wees. Om gewig te verloor of te behou behels dat ons moet aandag gee aan die kos wat ons eet en ook aan ander riglyne, onder meer matige oefening om ook ’n gesonde liggaam te hê! Dit geld ook natuurlik die res van jou gesin.

  • As jy oorgewig is, beteken dit dat jy jou huidige lewenswyse moet aanpas. Doen dit so maklik en lekker as wat jy kan!

  • As jy regtig die minimum wil doen, skakel suiker heeltemal uit en stap gereeld.

  • Nuwe episodes van Genoeg kan Maandae om 17:30 gekyk word, en die heruitsendings is Saterdae om 15:00 op VIA (DStv-kanaal 147).
Meer oor:  Via  |  Gert Coetzee  |  Tv  |  Gesondheid  |  Gewigsverlies  |  Vermaak  |  Dieet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.