Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Webwerwe verlig troue-stres

Webwerwe kan die spanning van trou­beplanning verlig, sê Frederik Kotze van Roots Dz Web Studio.

“Gaste kan aanlyn RSVP en sien waar en wanneer die troudag is en watter verblyf beskikbaar is. Hulle kan foto’s en video’s van die paartjie en later ook die troudag sien.”

Roots Dz Web Studio is een van die borge vir vanjaar se Wedding Hub-skattejag. Die prys van R8 000 sluit ’n trou-webwerf met fantastiese troubeplanningstegnologie in. Ander pryse is onder meer ’n troue en wittebrood. Die totale waarde van die pryse is sowat R500 000.

Vir meer inligting oor Roots Dz Web Studio, stuur e-pos na freek@rootsdesign.co.za of skakel 084 860 8411.

Om in te skryf vir die skattejag, wat op 7 November begin, besoek weddinghub-sa.co.za.

Alle verloofde paartjies kan inskryf om legkaarte te bou en leidrade te volg en in die proses reusepryse te wen.

Die skattejag word moontlik gemaak deur Wedding Hub SA, Beeld, Diep in die Berg, Pretoria FM en Olivelli. – Hanri Wondergem

Meer oor:  Wedding Hub-Skattejag  |  Stres
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.