Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Haweloses se troudroom bewaarheid

’n Hawelose paartjie van Kuilsrivier se droomtroue het waar geword danksy die hulp van weldoeners.

Amber (32) en Daniel Kepkey (28) is Dinsdag by die departement van binnelandse sake in Bellville getroud. Hulle het mekaar meer as ’n jaar gelede ontmoet. Hulle is werkloos en slaap snags in ’n klein hut oorkant ’n hospitaal in Kuilsrivier.

Dawn Roode, ’n inwoner van Kuilsrivier wat opheffingswerk in die gemeenskap doen en onder meer ’n voedingsprogram aanbied waarvan die Kepkey-egpaar deel is, sê die troue is in vier dae sonder ’n begroting gereël. Nadat die nuus van die troue rugbaar geword het, het hulp van oral af ingestroom sonder dat daar daarvoor gevra is.

“Die Here is so groot en so goed vir ons. Dit was net nie menslik moontlik nie. Daar was van alles twee – twee trourokke, twee ruikers, noem maar op. Ons kon ook ’n hele spyskaart voorsit aan die gaste. Uiteindelik was daar 300 mense pleks van 150. Alles het net uitgewerk,” sê Roode. “Regtig, ek kan net vir die Here dankie sê.”

Die onthaal is by haar huis gehou en die egpaar het die aand in ’n hotel geslaap.

Volgens Roode het sy vantevore met die paartjie oor die voordele van ’n huwelik gepraat. Hulle het onlangs uit hul eie vir haar gesê: “Antie Dawn, ons was by binnelandse sake en het ’n datum gekry.”

Die paartjie is steeds in die wolke oor hul groot dag.

Amber en Daniel Kepkey Dinsdag op hul trou-onthaal.
Daniel en Amber Kepkey Dinsdag op hul troudag.

“Ons is oorweldig deur alles en nog so, so opgewonde,” sê hulle.

“Dit was ’n wonderlike dag en ons het glad nie soveel mense verwag nie. Ons is so dankbaar vir alles en almal wat dit moontlik gemaak het.”

Volgens Amber was sy gek oor haar trourok, “maar die bruidegom was amper meer ‘opgemaak’ daaroor”.

Die twee kry nou hul CV’s gereed wat hulle aan Roode gaan gee nadat iemand moontlike werkgeleenthede vir hulle aangebied het.

Meer oor:  Kuilsrivier  |  Troue  |  Gemeenskap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.