Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Wenbaba ‘wonderwerk van God’
Michaela Willemse. Foto: Alet Pretorius

Michaela Willemse van Wonderboom, Pretoria, is Beeld se Baba van die Jaar vir 2017.

Die wenners van die kompetisie is Saterdagoggend op ’n spesiale ontbyt by die Forever Hotel @ Centurion aangekondig.

Dian van der Merwe van Centurion en Beeld se Julie-wenner is tweede en LJ Koen van Rustenburg, die April-wenner, derde.

Michaela, Beeld se Junie-wenner, het haar ouers, Mik­e en Jeanéne, verras toe sy haar opwagting op 33 weke gemaak het.

Michaela is afgelei van haar pa se naam, Michael, wat beteken “wie is soos God?”. “Dit is omdat sy ’n wonderwerk van die Here af is,” het Jeanéne vertel.

“Dokters het gesê ek kan nie swanger raak nie nadat ’n outo-immuunsiekte wat my asemhalingspiere aantas, in 2012 by my gediagnoseer is. Ons was reeds besig met ’n aannemingsproses toe ek uitvind ek is swanger.”

Maak seker jy kry Dinsdag Beeld vir ’n volledige berig en nog foto’s van die geleentheid. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.