Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
‘Wêreld het sulke mense nodig’

Verlede jaar se teëspoed mag nooit uitmuntende jong mense se gees blus om aan te hou streef na die hoogste sport nie.

Francis Petersen

So sê prof. Francis Petersen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat (UV).

“Die Matrikulant van die Jaar-kompetisie beloon uitnemendheid - en dit is ’n eienskap wat waarde tot enige instansie byvoeg. Om hierdie toppresteerders na die universiteit te lok, kan net tot ons voordeel strek, want die hele wêreld het sulke mense nodig.”

Volgens Petersen is die kompetisie een van die UV se vlagskipkompetisies.

Dit is uniek in sy soort en maak ’n waardevolle bydrae tot die universiteit se strewe om uitnemendheid onder voornemende studente te inspireer en te ontwikkel. Daarom sal die kompetisie sy plek in die universiteit se kalender bly vol staan.

“Ons vorige wenners, finaliste en deelnemers het jaar ná jaar hul plek op kampus vol gestaan. Hul name het opgeduik op die huiskomitees, die studenteraad, ons sportspanne, sowel as in kultuurbedrywighede,” sê Petersen.

“Talle Dux-leerlinge van die universiteit kom uit hul geledere en selfs ’n paar jool- en skoonheidskoninginne. Van hulle beklee vandag topposte in Suid-Afrika en interna­sionaal in die sakewêreld.

“Ander het ons land op die sportveld verteenwoordig.

“Die kompetisie lok jaarliks meer as 100 toppresteerders van oor die land heen.

“Ons kan dus aanvaar dat daar al sowat 4 000 uit hul geledere hier studeer het.”

Petersen sê die UV sien uit na vanjaar se inskrywings, veral omdat hierdie prestasies behaal is in die onseker tye van Covid-19 en die beperkings wat daar in die skole was.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.