Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Wewenaar pleit vir ondersteuning op Facebook
Foto ter illustrasie. Foto: iStock

Patrick Wright was platgeslaan toe sy vrou Kimberley onlangs onverwags aan kanker dood is.

Nadat hy in sy eensaamheid op Facebook uitgereik het, het was hy stomgeslaan oor die positiewe reaksie van mense in sy plaaslike gemenskap.

Kimberley het 11 maande aan kanker gely en twee reekse chemoterapie ontvang, maar die paartjie het nooit besef dat haar siekte terminaal is.

“Tot die laaste twee weke het ons nooit gedink dat haar lewe in gevaar is nie, het Patrick aan die Manchester Evening News gesê. “Die dokters was verras oor hoe vinnig dit ontwikkel het.”

Die ma van twee kinders is op 20 Junie vanjaar in die ouderdom van 50 dood.

Patrick (37) het hom tot sy plaaslike gemeenskap in Chorlton-cum-Hardy in Manchester, Brittanje gewend en die volgende op Facebook geplaas: “My vrou is tragies dood en skielik voel ek baie geïsoleer in Chorlton. Ek is 37 en werk as ’n lektor in die kunste en literatuur by ’n universiteit. Stel enigiemand belang in sosiale ontmoetings of vriendskap of kan julle plaaslike groepe aanbeveel? Ek wil werklik meer mense in die omgewing leer ken.”

Binne ’n paar minute het gawe boodskappe begin instroom van mense wat aangebied het om hom en sy gesin in hierdie moeilike tyd te ondersteun. Tot op datum het 100 mense hul ondersteuning aangebied.

“Ek het dit nooit verwag nie,” sê hy. “Ek is ’n vreemdeling vir hierdie mense en dis wonderlike dat hulle wil help. Ek is werklik verras oor hoe gewillig mense is om uit te reik.”

Meer oor:  Manchester  |  Brittanje  |  Ondersteuning  |  Facebook
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.