Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Wolkewinkel goeie gevolg van pandemie

Die Wolkewinkel, waar stalletjies aanlyn op die Vrystaat Kunstefees in die inperking gevestig is, is een van die positiewe gevolge van die koronaviruspandemie.

Isabel Lock, die kunstemark-koördineerder. Foto: Facebook

In teenstelling met “normale” jare, is dié webwerf heeljaar oop vir kopers en verkopers en uiteraard ook nie net vir feesgangers nie, maar vir enigeen wat hier wil snuffel en meestal unieke tuisgemaakte produkte wil aanskaf.

Atie Kamper, jare lank al die organiseerder van die kunstemark, sê nadat dit uit onderhandelinge duidelik geblyk het die Vrystaat Kunstefees en kunstemark sal nie vanjaar op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat aangebied kan word nie, is daar besluit om reeds op volgende jaar se kunstemark te konsentreer terwyl die Wolkewinkel aanlyn voortgesit word.

Soos in die res van die wêreld word daar gehoop dat inentings die mensdom teen die dodelike gevolge van Covid-19 sal beskerm sodat die lewe reeds volgende jaar kan terugkeer na dit wat ons geken het.

Isabel Lock, die kunstemark-koördineerder, sê nuwe verkopers is welkom om hulle enige tyd van die jaar by die Wolkewinkel aan te sluit.

’n Brosjure met volledige instruksies verskyn op die webwerf www.vrystaatkunstefees.co.za, maar belangstellendes kan haar ook vir hulp kontak by isabel.lock@gmail.com of 082 609 7864.

Aansluiting is gratis, hoewel 10% van aanlyn transaksies gehef word.

Kopers kan die skakel op die kunstefees-webwerf na die Wolkewinkel volg om te sien watter produkte beskikbaar is. Die produkte verskyn ook op die Instagram-blad by www.instagram.com/wolkewinkel/. 
– 
Meer oor:  Aanlyn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.