Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
‘Wonderlike ervaring’ wag op wenners

Verbeel jou: luukse verblyf op ’n heuwel, omring deur asemrowende uitsigte oor die ongerepte natuurlewe van KwaZulu-Natal en dit kos jou nie ’n sent nie.

Dié verbeeldingsvlug is binnekort ’n werklikheid vir ’n gelukkige Beeld-leser en sy vrou. Andriaan Booyse van Pretoria is die wenner van Beeld se A Perfect Planet-kompetisie.

Die kompetisie is geborg deur BBC Earth se dokumentêre reeks, A Perfect Planet. Die reeks is onlangs op DStv uitgesaai en was baie gewild.

Andriaan en Marie Booyse

Booyse en sy vrou, Marie, gaan vir twee nagte by die Phinda Mountain Lodge in die Phinda- private wildreservaat, wat veral bekend is vir sy jagluiperds, swart- en witrenosterbevolking en onlangs weer die ietermagô­bevolking, bly.

Hulle kry ook etes, drankies, safari-aktiwiteite én hul vervoerkoste word gedek. Die prys is R39 920 werd.

Andriaan was met vakansie in die dorre Karoo toe hy die nuus ontvang het. “As ek net dink aan die boomrykheid en die natuurskoon, daar in daai wêreld weet ek dit is ’nheeltemal anders en wonderlike ervaring wat op ons wag. Dis great!” sê hy.

Meer oor:  Hanri Wondergem  |  Kompetisie  |  Wenners  |  Beeld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.