Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Wys jou wêreld en wen
Vroegoggend by Drakensberg Gardens, sowat 45 km van Underberg. Dié foto kom van Reinette Franck van Ballito in KwaZulu-Natal.

Wys Beeld wat in jou wêreld aangaan. Dit kan swak dienslewering wees, iemand wat ’n verskil in jou gemeenskap maak, protesoptogte, goeie nuus of enigiets wat jou wêreld uitbeeld.

Stuur foto’s na lesersfoto@beeld.com.

Gee ons ’n kort beskrywing van waar die foto geneem is en wat die storie agter die foto is. Verskaf ook die fotograaf se volle naam en besonderhede, asook die stad of dorp waar hy/sy woon en sy/haar Instagram-naam, indien die fotograaf aktief is op Instagram.

Hou die koerant dop en volg Beeld op Instagram by @beeld_nuus.

’n Keur van lesersfoto’s word deur die loop van die jaar in Beeld en sy digitale platforms gepubliseer. Elke maand wys ’n paneel van Beeld-redaksielede ’n wenner en ’n naaswenner aan. Ons is veral op soek na foto’s wat aktuele kwessies, nuuswaardige gebeurtenisse en die lewe van ons lesers uitbeeld. Kreatiewe vindingrykheid en relevansie tot die “My wêreld”-tema geniet voorkeur bo tegniese vaardigheid.

Bepalings en voorwaardes

Die fynskrif

Die reëls en inligting is deel van die voorwaardes en bepalings van deelname en inskrywing. Deelname aan die fotoprojek impliseer aanvaarding van alle bepalings, reëls en voorwaardes.

Enige persoon wat ’n direkteur, lid, vennoot, werknemer, agent of konsultant is van Media24 en/of ’n eggenoot, lewensmaat, ouer of familielid (insluitende aangeneem of aangetroud) of enige sakevennoot van ’n persoon wat hierbo genoem is, mag nie deelneem nie.

Beeld behou die reg voor om onderhoude met wenners te voer, foto’s te neem en dit te publiseer. Pryswenners sal in Beeld aangekondig word.

Indien wetgewing of verandering aan wetgewing dit vereis, sal Beeld die reg voorbehou om hierdie promosie onmiddellik en sonder kennisgewing te beëindig.

In die geval van sodanige beëindiging stem alle deelnemers in om afstand te doen van enige regte wat hulle kragtens hierdie promosie het, asook dat hulle geen regseis teen Beeld, sy agente of borge sal indien nie.

Die pryse

Elke maand is daar ’n kontantprys van R1 000 vir die wenner en R250 elk vir twee naaswenners.

Die kompetisie

Die beslissing van die redakteur van Beeld oor enige geskil in verband met die spel en pryse is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. Amateur-, sowel as professionele fotograwe mag deelneem aan die kompetisie. Die maandelikse wenfoto word deur ’n Beeld-paneel aangewys.

Foto’s moet oorspronklik en groot genoeg wees vir publikasie (minstens 1MG/1 000 kG elk). Gemanipuleerde foto’s (waar daar met die komposisie gepeuter is) sal nie aanvaar word nie. Om ’n foto te sny, om die foto se beligting digitaal te verstel, ens., word nie as manipulasie beskou nie.

Fotograwe behou alle kopiereg en intellektuele eiendom op foto’s wat ingestuur word, maar Beeld behou die reg om jou foto elders in die koerant te gebruik, of op ons digitale platforms en bemarkingsmateriaal wat met hierdie kompetisie verband hou, sonder enige vergoeding.

Wanneer jy ’n foto instuur, verklaar jy dat die foto jou oorspronklike werk is.

Die foto’s mag nie inbreuk maak op die kopieregte, handelsmerke, morele regte, regte op privaatheid of intellektuele eiendomsregte van enige persoon of entiteit nie.

Die foto mag nie onwelvoeglike, uitlokkende, lasterlike, seksueel eksplisiete of andersins aanstootlike of ongepaste beelde bevat nie. Wanneer jy ’n foto instuur, aanvaar ons dat jy die toestemming verkry het van die persoon/persone in die foto. Die onus rus op jou om dit te doen.

Foto’s kan alleenlik per e-pos ingestuur word. Die e-posadres is lesersfoto@beeld.com.

Alle kwalifiserende inskrywings sal in die koerant gepubliseer word. Die wenners sal per e-pos in kennis gestel word en hul naam en foto’s sal in Beeld gepubliseer word.

Meer oor:  Lesersfoto's  |  Beeld-Kompetisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.