Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
‘Ysbere’ swem en bibber vir liefdadigheid

Daar is Saterdagmiddag weer gebibber toe 425 mense by die Bundukamp naby Ventersburg aangetree het vir die jaarlikse Ysbeerswem.

Die Vrystaatse winter was die swemmers genadig en hulle kon op ’n amperse somersdag die ysige waters van die Sandrivier aandurf.

Felix Burri, sonder sy lang hare en baard, en sy dogter, Caeleigh Joubert, het saam die eerste, elite-nagswem gedoen.Foto: verskaf
Felix Burri het sy baard en hare ten bate van veterane van die Grensoorlog opgeveil.Foto: Alet van der Walt
Felix Burri durf soos gewoonlik eerste die koue water van die Sandrivier aan vir die jaarlikse Ysbeerswem.Foto: Alet van der Walt
Jonty von Staden (links) is as Mnr. Ysbeer aangewys. By hom is Thys Cronjé. Von Staden, van Pretoria, het Saterdag die sesde keer die Ysbeer geswem. Foto: Alet van der Walt

Felix Burri, hooforganiseerder, het kort voor die swem sy baard opgeveil ten bate van Veterane Hoop, ’n projek ten bate van veterane van die grensoorlog.

Burri, wat Saterdag 60 jaar oud geword het, se baard is vir R4 900 verkoop.

“Maar toe vang hulle my met ’n slap riem en veil my hare ook ten bate van die veterane op vir R1 600,” sê Burri.

“Ek het op een dag van Jopie Adam na ’n tronkvoël verander.”

Burri sê hy beplan om tot hy 70 word self nog te swem. Die oudste deelnemer Saterdag was Johan Pretorius (68) van Virginia.

Die Harmony Striders-atletiekklub van Virginia het hul staal in die water kom wys. Van links is Rina Nel, Deon Lodder, Johan Pretorius en Mornay du Plessis. Lodder en Du Plessis het onlangs die Comrades-marathon voltooi. Pretorius (68) was Saterdag die oudste deelnemer aan die Ysbeer.Foto: Alet van der Walt
Die Ysbeerswem gaan oor liefdadigheid en die groep Goudvelders het ten bate van Peet Pretorius, ’n jong kankerlyer, geswem. Peet was Saterdag te siek om die geleentheid by te woon. Van links is Lee-juan Minns, Be-Hané Yssel, Hans Minns, Altus Yssel met sy seuntjie Reghardt, Willem en Korné Barnard en Pierre Massyn. Foto: Alet van der Walt
Hein en Antjies Labuschagne, links, het al die pad van Durban gery om die jaarlikse Ysbeerswem aan te durf. By hulle is Harry Butcher.Foto: Alet van der Walt
Die lewensredders Chloe Cilliers en Wimpie Niebuhr het seker gemaak almal swem veilig deur.Foto: Alet van der Walt

Kinders moet ouer as tien wees om te kan deelneem.

Burri en nog 13 swemmers het wéér Saterdagaand kort voor middernag aangetree – vir die eerste nagswem ooit.

Burri sê dit was deksels koud want dit was vriespunt terwyl die water so 8 °C was.

’n Groot kampvuur en ’n wonderlike gees het almal weer laat warm kry, sê hy.

Engo-kinder-en-gesinsorg is die hoofbegunstigde van die jaarlikse Ysbeerswem.

Meer oor:  Ventersburg  |  Liefdadigheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.