Hy’s kort en klein en sy driesilinder-oondjie berg minder as ’n liter. Maar in een felle slag het Hyundai se oulike nuwe Venue as die Ford EcoSport en VW T-Cross se ernstigste mededinger ontpop. Egmont Sippel het die bekendstelling in Kaapstad bygewoon.