Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
AA: ‘Mbalula verwar sy syfers’

Die minister van vervoer, Fikile Mbalula, se aankondiging verlede week dat die padsterftesyfer oor die Kersgety merkbaar gedaal het, is voortydig, het die Automobiel Assosiasie (AA) in ’n verklaring gesê.

Verkeersvolumes was laer gedurende vanjaar se somervakansie, wat ’n impak op die padsterftesyfer kon gehad het.

Volgens die AA moet ’n mens eers 30 dae wag totdat die finale syfer bekend gemaak is voordat enige sinvolle afleidings oor die jongste padsterftesyfers gemaak kan word.

Die grasietydperk van 30 dae waarna die AA verwys, is die vensterperiode waarin enigeen wat in ’n ongeluk oor die Kerstyd betrokke was, dalk nog aan sy beserings kon beswyk het. Die Kerstyd strek gewoonlik oor die Desember-skoolvakansie, vanaf vroeg in Desember tot middel Januarie. Vanjaar se datums was vanaf 1 Desember tot 15 Januarie.

Die finale syfer kan nogal merkbaar verskil van die aanvanklike getal padsterftes wat daagliks aangeteken is. In die vorige Kersgety (2018-’19) was die aanvanklike syfer 1 612 padsterftes. Dit het ná die 30 dae-vensterperiode met 177 sterfgevalle opgeskuif na ’n totaal van 1 789 padsterftes.

Mbalula het verlede week gesê SA padsterftes het met ’n merkwaardige 10% gedaal, vanaf 1 789 na 1 617. Sy syfer vir die pas afgelope Kerstyd is egter nog net die voorlopige padsterftesyfer, wat nie die vensterperiode van 30 dae se sterfgevalle insluit soos die vergelykende syfer (1 789) wat hy in sy verklaring gebruik nie. Hy vergelyk dus twee verskillende stelle data met mekaar.

Die AA sê Suid-Afrika het een van die hoogste padsterftesyfers per capita in die wêreld. Verkeersvolume, wat vanjaar vermoedelik laer as in vorige vakansies was, word ook nie in die data verreken nie.

Meer oor:  Fikile Mbalula  |  Aa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.