Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Baba-sportnuts straks ’n Plan B vir Nissan

Met ’n nuwe Qashqai en X-Trail einde vanjaar op pad, is dit interessant dat Nissan ook stilletjies ’n nuwe babasportnuts aan die ontwikkel is wat hy op die ontluikende mark wil loslaat.

Produkte soos die mooie Qashqai en X-Trail asook die klein Juke is grootliks op die Westerse markte gefokus. Tot onlangs nog was Suid-Afrika heel gemaklik om dié produkte in te voer, maar vandat die rand oor die afgelope dekade ’n verdere 50% van sy waarde verloor het, het dié soort voertuie bloot te duur vir die Suid-Afrikaanse koper geraak.

Nissan se nuwe Juke het ’n konserwatiewer ontwerp hierdie slag, maar steeds die skerp dalende daklyn en versteekte agterste deure.

Invoerders kyk dus al hoe meer na produkte wat vir die Indiese mark ontwikkel is. Dié voertuie is ook regterstuur, en omdat dit op die ontluikende markte van Suidoos-Asië gerig is, is dit goedkoper ontwerp (minder weelde en veiligheidskenmerke) en kos minder. Dit maak dus sin om hierdie produkte na ons mark te bring.

Voorbeelde in die babasportnuts-segment is die Renault Kwid, Ford EcoSport en Hyundai Venue. Dit blyk nou Nissan wil dieselfde roete volg met ’n klein sportnuts onder die Qashqai wat vir dié ontluikende markte ge­oormerk is.

Indiese media berig die nuweling sal reeds voor die einde van die kwartaal in Indië markgereed wees, waarna hy tegnies gou daarna na Suid-Afrika kan kom.

Daar is nog geen bevestiging wanneer dié nuweling sy weg na Suid-Afrika sal vind nie, maar dit sal interessant wees om te sien of Nissan wel bereid is om tog ook die nuwe Juke, wat ook dié jaar nog sy buiging kan maak, na die land te bring.

Nissan gebruik vir die nuwe sportnuts sy CMF-A-platform, wat hy ook vir sy Micra inspan. Uitdagende stilering wat op die jonger koper gemik is, sal sy bakwerk kenmerk en op die ontwerpsketse is dit ook duidelik dat hy ’n koepee-voorkoms sal naboots met versteekte handvatsels vir die agterste deure.

Die kajuit sal in tweekleur­afwerkings te kry wees met ’n raakskerm op die instrument­paneel, en koordlose koppeling vir jou slimfoon.

Onder die enjinkap verwag ons die Micra se 1.0-liter-turbo vir die topmodel, saam met natuurlik geaspireerde enjins vir intreemodelle om koste laag te hou.

Daar is nog geen bevestiging wanneer dié nuweling sy weg na Suid-Afrika sal vind nie, maar dit sal interessant wees om te sien of Nissan wel bereid is om tog ook die nuwe Juke, wat ook dié jaar nog sy buiging kan maak, na die land te bring.

Meer oor:  Nissan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.