Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Bestuur só veilig wanneer dit reën

Reënweer bring altyd ’n paar uitdagings op die paaie mee. Hier is ’n paar wenke van Eugene Herbert, besturende direkteur van MasterDrive:

Nat paaie kan jou bestuursvernuf – en brandstofverbruik – nadelig beïnvloed.
  • Veiligheid: Skakel die hoofligte aan. Verminder spoed effens. Vergroot jou volgafstand as dit reën (van 2 sekondes op droë teer tot 3 tot 4 sekondes op ’n nat pad of 4 tot 5 sekondes in die reën).
  • Voorbereiding: Maak seker jou motor se stert- en remligte werk. Maak dubbel seker die ruitveërs werk behoorlik.
  • Mense ry te stadig: Hoewel dit soms noodsaaklik sal wees om stadiger te ry wanneer dit reën, neem sommige bestuurders dit te ver. As jy 12 sekondes se ryafstand vorentoe kan sien (as sigbaarheidstoestande dit toelaat), sal jy sulke bestuurders vinnig kan sien en waar moontlik om hulle kan ry.

As jy nie veilig kan verbysteek nie, handhaaf ’n groter volgafstand en wag geduldig op ’n veilige geleentheid om verby te kom.

  • Mense ry te vinnig: Kyk gereeld in die truspieëls om te sien wanneer iemand van agter af te vinnig nader kom en gee eerder pad. As jy op die snelweg is, bly uit die regterbaan – dit is waar die jaagduiwels waarskynlik sal wees.
  • Verkeersligte wat nie werk nie: Dit gebeur gereeld, veral nadat dit hard gereën het. Gebruik sulke kruispaaie as vierrigting­stopstrate, maar wees selfs nog versigtiger.
  • Oorstroming: Bly weg uit gebiede wat gereeld oorstroom. As jy vinnig vloeiende water of groot waterplasse teëkom, ry stadiger deur as dit veilig is of trek eerder van die pad af. Water wat net dieper as enkeldiepte (sowat 15 cm) is, kan ’n motor laat dryf.
  • Watergly: As jy vinnig ry wanneer dit hard reën of water lank neem om van die padoppervlak weg te vloei, kan die motor se wiele bo-op die water gly, wat jou heeltemal buite beheer laat – die voorwiele kan nie stuur nie en die motor kan nie rem nie. Lig jou voet van die versneller, hou die stuurwiel styf vas en moenie rem nie.
  • Gly: As die motor begin gly, moenie skielik rem nie. Lig jou voet van die versneller en stuur sagkens in die rigting waarin jy wil beweeg totdat die bande weer vasbyt.
  • Wees geduldig: Moenie dat roekelose of ongeduldige bestuurders jou aandag aflei nie. Aanvaar dat jy sulke mense sal teëkom en fokus op jou eie bestuurwerk. Maak seker jy kom veilig by jou bestemming aan.
Meer oor:  Padveiligheid  |  Motors  |  Reën
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.