Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Binder wys vaart vir jare reeds al

Die Suid-Afrikaanse motorfietsjaer Brad Binder het sy naam in die rekordboeke verewig toe hy Sondag die Tsjeggiese MotoGP-ren op die Brno-renbaan gewen het.

Maar, anders as wat sosiale media binne sekondes ná sy skitterende wegholsege begin verkondig het, is Binder nié die eerste – of enigste – Suid-Afrikaner wat al ’n Grand Prix-ren op twee wiele gewen het nie.

Loop, Boeta! Suid-Afrika se haastige Brad Binder het die naweek vir ’n verrassing gesorg toe hy KTM se eerste sege in die MotoGP-reeks op die Brno-renbaan in die Tsjeggiese Republiek behaal het. Binder het nog altyd belofte van vaart getoon nadat hy in vorige seisoene die junior-reekse heeltemal oorheers het. Hierdie was maar sy derde ren in die groot liga. Foto: Reuters

’n Mens kan debatteer of die viermalige wêreldkampioen Kork Ballington werklik as ’n Suid-Afrikaner beskou kan word. Ballington, wat in die voormalige Salisbury, Rhodesië (Harare, Zimbabwe), gebore is, het in Suid-Afrika gewoon en hier aan plaaslike motorfietsrenne deelgeneem. Hy het jare lank op ’n vertoonlokaal-Yamaha Twin gejaag voordat hy in die laat 1970’s in die Kawasaki-fabriekspan opgeneem is, waar hy die wêreldtitel in die 250 cc- en 350 cc-klas in 1978 en 1979 gewen het (vier wêreldtitels).

Ballington se prestasie is destyds oorskadu deur die sukses van ons eie F1-wêreldkampioen, Jody Scheckter, wat destyds vir Ferrari gejaag en die titel in 1979 gewen het.

Daar was egter nog ’n Suid-Afrikaner wat ook die wêreldtitel op twee wiele op sy dag oorheers het: Jon Ekerold, wat op 8 Oktober 1946 in Johannesburg gebore is.

Ekerold is een van net ’n handjievol renjaers ter wêreld wat ’n wêreldkampioenskap as private jaer gewen het toe hy die Kawasaki-fabriekspan in 1980 in die 350cc-wêreldkampioenskap geklop het. Ekerold het op sy tuisgeboude Bimota met ’n Yamaha TZ350-enjin gejaag. Hy was twee keer die naaswenner in die Isle of Man TT op sy eie motorfiets.

  • Binder se sege was sy eerste in skaars sy derde ren in die topliga, asook KTM s’n. In 2016 het Binder ook die Moto3-titel opgeraap (ook op ’n KTM) terwyl hy verlede jaar die naaswenner was in die Moto2-reeks.

Sondag se sege is wel die eerste vir ’n Suid-Afrikaner in die redelik nuwe MotoGP-reeks.

Meer oor:  Brad Binder  |  Grand Prix
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.