Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Bzt, Millenniër, jou selfvlieg-taxi is by die voordeur

Die entoesiasme en ywer van die jong sakeman met die planne om die wêreld op sy kop te keer. Knormoer raak sommer nostalgies.

Die jongste produk op dié voerband is ’n Duitse groep van München wat hulself Lilium noem. Hul speelveld? Selfvlieg-lugtaxi’s.

Elektries en selfgedrewe – die vliegtaxi, nie die span van Lilium nie, nè? Klein spuitenjins dryf dié nuwe vyfsitplek-tuigie aan, sê die kêrels.

Lilium sê hy het verlede week ná ’n fris pils toegekyk hoe sy nuwe vliegtuig self opstyg en weer land.

Ja, goed-goed, die hommeltuig het nog glad nie gevlieg nie. Maar! Teen 2025 gaan ’n rits wêreldstede van dié selfvlieg-taxi’s gebruik maak om in ’n kits sy passasiers van hul huise na die kantoor te blits.

Lilium wys daarop dat sy meer bekende mededingers, soos Airbus en Boeing en Uber, se selfvlieg-taxi’s (wat ook nog in die ontwikkelingstadium is) net ’n reikafstand van so 80 km het.

Syne kan 300 km ver vlieg.

Die geheim is dat Lilium se tuig pleks van helikopter-tipe skroewe eerder van spuitenjins gebruik maak. ’n Reeks klein enjins, om die waarheid te sê, wat voor en agter op vlerke gemonteer is.

Dié vlerke kan vanaf horisontaal tot vertikaal kantel, sodat die tuig soos ’n helikopter kan opstyg en land. Topspoed is ’n flukse 300 km/h.

Die laaste spyker in Airbus en Boeing se kis? Die Lilium-tuig het ’n groter kajuit wat vyf mense kan akkommodeer. En omdat dit ’n selfgedrewe tuig is, is geen vliegkaptein nodig nie. Jy tik net die adres op jou foontoepassing in, en gaan lees jou e-pos.

  • Knormoer het intussen sy kaartjies reeds bespreek vir die volgende Oktoberfest. Dit bring blink planne na vore, blyk dit.

Ys vir die Hi-Ace

Dis nie aldag dat ’n vervaardiger ’n ou naam uit die argiewe opdiep en op ’n nuwe ryding sit nie.

Maar klaarblyklik meen Toyota dat Suid-Afrika heel tevrede met die konnotasie is wat die land met sy Hi-Ace-bussie van destyds het.

Die Hi-Ace se kanniedood-vernuf is dalk legendaries, maar Knormoer vermoed die land assosieer die Hi-Ace veel eerder met doodskiste op wiele as ’n gawe gesinsbus.

Knormoer verstaan die Yanks se dilemma. Hoe moet ’n man nou vir jou Big Mac by die venstertjie betaal as jy ’n warm koffie tussen jou bene het én die ratkierie moet werk?

Die Hi-Ace is in die 1980’s en 1990’s landwyd as ’n minibustaxi ingespan. So gewild en langlewend was hierdie ridder van die langpad dat die mense hom die Zola Budd – na ons bekende langafstanddrawwer van formaat van die 1980’s – genoem het.

Dit nou die oulike, mooi kant van die Hi-Ace. Maar daar is ook ’n ander aspek van die Hi-Ace wat ’n realiteit is.

Die bussies is jare lank as taxi’s gebruik, sonder die nodige versiening en opknapping. Soveel so dat dit later ’n algemene gesig was om ’n rammelkas-bussie te sien wat steeds as ’n taxi benut word . En boonop met ’n oorlaaide kajuit.

Vandag se minibussies uit die Toyota-stal is veel beter produkte: Sterker enjins, beter vering, beter veiligheidstoerusting. Kortom, dit bied ’n beter rit in ’n veiliger omgewing. Solank die bestuurder nie droogmaak nie.

  • Knormoer reken nostalgie is fantasties. Maar ons moet verknog aan die regte, goeie dinge van die verlede bly. Die ou Hi-Ace is nie ’n goeie voorbeeld nie.

Fnuik só die diewe

Dat die Amerikaners maar lugtig is vir ’n handratkas, is alombekend. Nou het Volkswagen hierdie gedagte ’n bietjie woema in sy jongste TV-advertensie vir sy nuwe Jetta GLI gegee.

Die GLI is die Golf GTI in Jetta-formaat, ’n model wat ons helaas nie meer in ons mark het nie. In die advertensie parkeer ’n kêrel sy Jetta in die straat, en klim uit sonder om dit te sluit.

As sy vriend oorbluf vra hoe dan so, antwoord hy: “Dis veilig. Dis ’n handrat.”

  • Knormoer verstaan die Yanks se dilemma. Hoe moet ’n man nou vir jou Big Mac by die venstertjie betaal as jy ’n warm koffie tussen jou bene het én die ratkierie moet werk?
Meer oor:  Motors  |  Rubriek  |  Knormoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.