Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Chery-EV’s dalk na SA op pad

Ch
Net meer as ’n dekade gelede het Egmont Sippel ’n paar nare ondervindings met ’n Chinese stadsmotortjie genaamd Chery QQ3 gehad. As jy woes tydens noodremming op die ankers gespring het, het die motortjie teen snelhede vinniger as 80 km/h wild buite beheer getol.

En nie net een toetsmotor nie, maar twee verskillendes.

Mettertyd het Chery uit ons motorlandskap verdwyn en die tweede geslag QQ is nooit plaaslik bekend gestel nie.

Nou’s die Chinese vervaardiger moontlik op pad terug met ’n vol-elektriese mini genaamd EQ1.

Meer as 200 000 eenhede is reeds verkoop sedert hierdie mini-EV vier jaar gelede in China bekend gestel is. Pas is hy opgeknap “om sy bestuurder beter te verstaan”. Daar’s ’n enkelknop-outoparkeerfunksie. Jy kan die lugversorging van ’n afstand af aanskakel. Daar’s stembeheer, ’n hoëdefinisie-raakskerm, koordlose slimfoonherlaaiing en selfs aanlyn dienste.

Die batterypak, seg Chery, se stof- en waterdigtheid is ook na IP68 verbeter. Daarbenewens word die pak – met ’n hoë-voltveiligheidsbeskermingstelsel en sensitiewe termiese beheer wat verkoeldoeltreffendheid met 20% verbeter – ook deeglik teen skokke uit alle rigtings beskerm.

Chery bied ook ’n vol-elektriese EQ5-lewenstyler. Nou’s daar gerugte dat Chery die uitvoer van hul twee EV’s ook na Suid-Afrika beoog. Hopelik kan hierdie outjies mooi die ankers uitgooi.

Meer oor:  Egmont Sippel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.