Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Crossland se nuwe gesig kan harte wen

Opel se kompakte sportnuts, die Crossland X, is straks nie die gewildste in sy besige segment nie. Maar dalk kan ’n opknapping wat einde verlede jaar in Europa bekend gestel is, hiermee help.

Die Crossland gebruik die nuwe Peugeot 2008 (wat volgende week in Suid-Afrika bekend gestel word) se onderstel, enjins en ratkaste. Vir die opknapping is daar ’n vars gesig met ’n nuwe ontwerp vir die sierrooster. Die horisontale swart stawe strek nou van kant tot kant, selfs van onder die hoofligte af. Die hoofligte self is voortaan almal plat LED-eenhede.

Onder die neus en stert sal jy ook voortaan ’n plastiekskermplaat aantref, wat ietwat koddig is, gesien dat Opel besluit het om die “X” uit sy Crossland X te haal – die nuts is voortaan net as die Crossland bekend.

In Europa is daar ’n reeks styl-pakkette te kies, maar van die grootste belang is die groter raakskerm vir die inligtingspaneel, en nuttige items soos parkeergonsers voor en agter en vyf ritmodusse. Die Crossland is slegs voorwielgedrewe, maar die blikbrein kan wel die krag tussen die twee voorwiele wissel soos wat ’n wiel op ys of in modder gly.

Opel se nuwe Crossland bied ’n hoekige voorkoms in sy poging om ’n eerlike, waarde-vir-geld gesinsvoertuig te wees.

Ander weelde-items wat topmodelle voortaan kry, sluit in leerbekleedsel, verhitte sitplekke en stuurwiel, ’n satnav-stelsel, tru-kamera en koordlose herlaai-vakkie vir jou slimfoon.

Onder die enjinkap kan Europeërs uit vyf enjins kies, drie petrol- en twee turbodiesel. Dit is maar die Franse se goeie 1.2-liter-petrol en 1.5-liter diesel wat jy sal aantref.

Die 1.2-liter is ’n driesilinder-eenheid wat in drie kragvlakke aangebied word (61 kW, 81 kW en 96 kW). Die diesel is ook ’n driesilinder wat basies een enjin met twee tipes kragvlakke is: 81 kW/250 Nm vir die intreemodel en 88 kW/300 Nm vir die topweergawe.

Intreemodelle kry ’n vyfgang-handrat, maar die res bied ’n keuse van ’n sesgang-handrat of ’n sesgang-outomaties.

Terwyl die Crossland sy plek vol staan as basiese gesinsryding sonder te veel fieterjasies, is Opel se nuwe Mokka ook pas in Europa bekend gestel. Die nuwe Mokka het ’n lekker opwindende voorkoms en herinner nogal aan ’n groter-lyf-Juke. Dit fokus op die energieke, waaghalsige sy van die mark met sy uitdagende lyne en vars voorkoms.

Die opgeknapte Crossland behoort later die jaar sy opwagting by ons te maak.

Meer oor:  Opel  |  Sportnuts  |  Gesig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.