Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Daar’s hy! MU-X kry moderne lyf

Isuzu het pas die sluier gelig van sy nuwe MU-X wat hy oor ’n jaar of twee ook na Suid-Afrika sal bring.

Die MU-X is die groep se hardebaard-sportnuts wat op die D-Max-bakkie geskoei is. Dit sal meeding met die Toyota Fortuner, die Ford Everest en Mitsubishi se Pajero Sport.

Al dié nutsvoertuie is op hul onderskeie bakkies se leerraam-onderstelle gebou, maar die bladvere agter maak plek vir kronkelvere om ’n meer gesinsmotor-tipe rit te help bied.

Plaaslik het die MU-X die stokkie oorgevat by sy voorganger, die Chevrolet Trailblazer. As ’n Isuzu moes hy egter die Chev-enjin prysgee, met veral die Duramax-enjin van 2.8-liter van Chev wat ’n puik kragbron was.

Isuzu se nuwe MU-X beloof ’n veel moderner kajuit en afwerkings as die huidige model. Die enjin word ook matig opgeknap.

In sy plek het Isuzu sy eie 3.0-liter gesit wat hy ook in sy D-Max bakkies benut. Maar dié ougenerasie-enjin is al so traag vergeleke met sy mededingers s’n, dat hy maar ver tekortskiet wanneer dit by pad-dinamika kom.

Dis jammer, want as ’n voertuig is die MU-X heel gaaf. Goed gebou, lekker hardebaard in die veld en ’n gerieflike ry-motor. Sy enjin is net traag op die oop pad.

Wat die nuwe model betref, sal hy in dié opsig baat vind by die opgeknapte weergawe van daardie 3.0-liter-diesel. Die nuwe enjin lewer ’n veel lewendiger 140 kW en 450 Nm, syfers wat al heelwat nader aan die mededingers s’n is.

Ons is egter die mees opgewonde oor die afwerkings binnelangs. Uit die eerste foto’s kan ’n mens aflei dat Isuzu die begroting veral hierop ruim beskikbaar gestel het. Die instrumentpaneel herinner meer aan ’n gesinsmotor se omvou-paneel as dié van ’n werkesel-bakkie s’n, soos die huidige weergawe aan herinner. Kyk ook na die groot raakskerm, die netjiese gebruik en plasing van dowwe aluminium panele en die digitale skerm voor die bestuurder. Interessant is ook die reeks skakelaars onder die raakskerm, en nog ’n rits skakelaars weerskante van die rathefboom.

Isuzu het sewe sitplekke in die nuwe MU-X gepas met been- en skouerruimte wat regdeur die kajuit ook aangegroei het.

Isuzu sal mooi moet besluit waar hy sy sportnuts wil posisioneer, want die mededinging is straf en kopers ingelig. Ons reken ’n eerlike veldryer en hardebaard met ’n kanniedood-houding sou die spyker op die kop slaan. Verwag hom einde volgende jaar of vroeg 2022 in Suid-Afrika.

Meer oor:  Isuzu  |  Mu-X  |  Motors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.