Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Dakar-ren: Bekyk regulasies weer

Die berig verlede week oor Stephane Peterhansel se tirade oor Nasser al-Attiyah se ego wat hom die Dakar-ren sou gekos het, het betrekking. Hier is ’n paar feite om in ag te neem:

1. Die oorspronklike idee met die toelating van die buisraammotors was om private deelnemers ’n kans te gee om goedkoper voertuie te kan bou vir deelname. ASO, die Franse organiseerders van die Dakar-ren, wou graag ’n Franse inskrywing (Peugeot) laat wen het. Daarom het hulle destyds ’n amptelike fabrieksinskrywing met ’n buisraamvoertuig toegelaat.

Dit was teen die gees van die wedren, want dis die groot vervaardigers wat al die geld in hul fabriekspanne (met hul voertuie wat op standaardmodelle gebaseer is) inpomp om te kan deelneem.

2. Die duinebesies weeg 400 kg ligter en kan enige enjin gebruik. Hulle het ook groot 17 duim-wiele en kan in die ry hul bande op- of afblaas. Hulle word ook dubbel die wiel-artikulasie toegelaat van die 4x4-bakkies, en kan dus skokke beter absorbeer, wat tot minder pap wiele lei.

Ek stem saam met Nasser al-Attiyah dat daar weer na die regulasies gekyk moet word om regverdig te wees, want Nasser het blykbaar ongelooflike kanse gewaag net om by die Mini’s te bly terwyl Peterhansel en Sainz dit redelik kalm gevat het, relatief gesproke!

Meer oor:  Dakar  |  Motorren  |  Motors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.