Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Dié mense wat sonder ligte ry, eet seker baie snoek

Die afgelope winter of twee verbaas ek my al hoe meer oor die goeie sig van bestuurders van voertuie in die omgewing van Kaapstad. Die rede? Ek sien al hoe meer voertuie, veral noudat dit vroeër donker en later lig word, wat sonder ligte op die paaie is.

Al afleiding wat ek dus kan maak, is dat dié bestuurders nie hul voertuie se ligte nodig het nie. Sien hulle dus baie goed? Maar net so kom baie ander voertuigeienaars glad nie agter hul voertuig het net een lig wat werk nie. Óf een wit voor óf een rooi agter.

En verder is dié voertuie blykbaar onsigbaar, want geen verkeersman sien hulle raak nie. Die sterftesyfer in padongelukke in Suid-Afrika is juis baie hoog. Gewoonlik is dit dié of daardie rede. Nou wonder ek of daar al vasgestel kon word wat die rol van voertuie in ongelukke is waarvan die ligte glad nie aangeskakel was nie, of waarvan net een lig gewerk het. Ek dink nie dit is op kontrolelyste oor ongelukke nie.

En dan is my eie waarneming dat ’n groot persentasie van voertuie sonder ligte donkerkleurig is. Wat ’n gevaarlike situasie is dít nou nie.

Nou wonder ek of dit nie die snoek in die dieet hier in die Wes-Kaap is wat bydra tot dié goeie sig nie? Die Wes-Kaap is tog snoekwêreld, nie waar nie? Dalk is die oplossing om die bestuurders wat wel hul ligte aanskakel, en ook seker maak hul voertuie se ligte is in ’n werkende toestand, ook snoek te gee. So kan hul sig tot hul voordeel ook verbeter word.

Dalk kan snoek in ’n pilletjie verwerk word? Wat ’n wonderlike geleentheid vir entrepreneurs. Dit skep werk en padveiligheid. Voorts glo ek vas die karakter wat so lekker oor rooi verkeersligte jaag, is ook baie groot snoek-eters. Hulle kan “sien” die ander voertuie is baie ver en laat wiel oor die rooi ligte.

Slaan my met ’n pap snoek, ek sien ook nie lig in die tonnel vir liglose voertuie nie.

Meer oor:  Hennie Pienaar  |  Bellville  |  Motors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.