Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Dié sewetal mik na Europese motorkroon

Twee elektriese motors en drie voertuie uit die Volkswagen-stal is van die interessanthede onder vanjaar se sewe finaliste vir 2021 se Europese Motor van die Jaar-kompetisie.

Om as kandidaat vir die kompetisie in ag geneem te word moet die voertuig nuut wees en iewers vanjaar op die mark beskikbaar kom.

Die kandidate word deur ’n paneel van 60 motorjoernaliste – almal van Europa – saamgestel en beoordeel. Aanvanklik is ’n lys van 38 voertuie opgestel wat vir die titel kwalifiseer, waarna ’n langlys van 29 name saamgestel is.

Seat se pragtige nuwe Cupra Formentor is een van die finaliste in Europa se Motor van die Jaar-kompetisie.

Hierdie 29 kandidate is toe deur elke joernalis bepunt deur ’n standaardvorm te gebruik wat al die beoordelaars ontvang het.

’n Kortlys van sewe finaliste is nou saamgestel, met die wenner wat op 1 Maart aangekondig sal word.

Soos gewoonlik vind daar redelike manipulering van die kortlys vooraf plaas. Op die lys van sewe finaliste is almal klein gesinsvoertuie wat as brood-en-botter-rygoed vir die gemiddelde Europeër beskou kan word. Dis net die nuwe Land Rover Defender wat ’n groot, en duur, sportnuts is. Selfs die twee e-voertuie, die Fiat 500 en VW se ID.3, is goedkoper gesinsmodelle.

Die Seat Cupra Formentor is dalk nog ’n uitskieter, want hy is stilisties heel ekstrovert, terwyl hy ook as ’n verrigtingsportnuts bemark word. Tog, onder die Seat-handelsmerk in die VW-stal word hy as ’n goedkoper alternatief as sy Volksie-ekwivalente geposisioneer.

’n Mens kan ook kyk na die Skoda Octavia, die Passat-stasiewa-ekwivalent, wat gereeld die gekose ryding van middelklas-gesinne en taxibestuurders is.

Skoda is VW se ware sakpas handelsnaam in Europa.

Die Toyota Yaris is die bekende stadsmotor-naam van Toyota.

Maar, helaas, dit is nie meer dieselfde een as wat ons hier ken nie. Ons Yaris kom van Asië, en is ’n goedkoper en eenvoudiger model as Europa se Yaris.

Die Citroën C4 bied ’n sjiek voorkoms en talle weelde-items, terwyl die elektriese Fiat 500 tipiese Italiaanse styl het. Danksy sy klein lyf is dié batterygedrewe stadsknaap ideaal vir Europa se nou straatjies.

Dis slegs die Defender wat ’n groot, tradisionele sportnuts is.

Dit sal interessant wees om te sien of die Europese media ook so in vervoering oor dié herlewing van die bekende handelsnaam gaan wees as hul Suid-Afrikaanse eweknieë. Die nuwe Defender is basies ’n Discovery met ’n laestrek-ratkas.

  • Die kortlys is: Citroën C4, Seat Cupra Formentor, Fiat 500, Land Rover Defender, Skoda Octavia, Toyota Yaris, Volkswagen ID.3.
  • Verlede jaar se wenner was die Peugeot 208.
Meer oor:  Europa  |  Motors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.