Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Dis ’n Chev van 1920’s . . . in een van sy gedaantes

Ek vermoed dis ’n 1923-’24-model Chevrolet Phaeton.

Hierdie Chevy was in verskeie modelle beskikbaar: As ’n bakkie, ’n koepee, ’n sedan (vier deure); selfs as ’n vragmotor.

Die Phaeton-model spesifiek was ’n vierdeur-vyfsitplek-voertuig met ’n afslaankap.

Een leser meen dit is ’n Chev Phaeton van die 1920’s in dié foto.

Ek besit ’n 1929-model Chevy Phaeton wat op die oog af net só lyk, maar die ’29-model is ’n raps groter; met meer moderne wiele en ’n paar klein veranderinge wat net ’n kenner sal opmerk.

Willem Cillié, Bellville

My 1926-model Chrysler lyk darem baie na dieselfde motor as die een in jul foto. Let veral op die wiele en die wieldoppe.

Terloops, die 1925-model Chrysler was die eerste motor met hidrouliese remme.

Meer oor:  Chris Langeveld  |  Mosselbaai  |  Brief  |  Chevrolet Phaeton  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.