Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Dis weer tyd vir die Pioneer Rally
’n Deelnemer aan die Pioneer Rally op die roete tussen Somerset-Wes en Worcester. Foto: Facebook, Pioneer Rally

Groot name in die vermaaklikheidsbedryf, sport- en sakewêreld, asook politici soos die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, gaan Saterdag aan die gewilde Pioneer Rally deelneem.

Met hierdie tydren van Somerset-Wes tot Worcester samel bekendes, oudleerlinge en leerlinge van die Pionierskool vir Gesiggestremdes in Worcester jaarliks geld vir die skool in.

Onder die 14 bekende bestuurders wat vanjaar saam met ’n blinde navigator aan die tydren deelneem, is die sangers Dewald Wasserfall en Willem Botha en die akteur Armand Aucamp.

Helen Zille, nuwe voorsitter van die DA se federale raad en voormalige Wes-Kaapse premier, en Sarel van der Merwe, legendariese tydrenjaer, druk besig om tydens ’n vorige tydren die roete te beplan. Foto: Facebook, Pioneer Rally

“Dit is so lekker om uiteindelik ’n uitnodiging na die Pioneer Rally te kry,” het Wasserfall gesê. Aucamp en Botha het beaam dat hulle nie kan wag om deel te neem nie.

Die Binnelanders-aktrise Je-Ani Swiegelaar, wat gereeld deelneem, sê dit is elke keer ’n belewenis.

“Ek loop dit vir niks in die wêreld mis nie,” sê sy.

Nog bekendes wat deelneem, is die oud-Springbok Kobus Wiese, die sangeres Sima Mashazi, die akteur Brendon Daniels, die entrepreneur Marnus Broodryk en die RSG-aanbieder Martelize Brink. Hannon gaan ook sy vernuf agter die stuurwiel wys.

Gereelde deelnemers mag dalk vertroud wees met die tydren, maar die legendariese tydrenjaer Sarel van der Merwe verander elke jaar die roete en kontrolepunte.

Al die geld wat ingesamel word, is ten bate van die Pionierskool se leerlinge om hulle met hul skool- en koshuisgelde te help.

Meer oor:  Pioneer Rally
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.