Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Dít kan jy verwag in jou volgende ryding, sê skou

By vandeesmaand se CES-tegnologieskou in Las Vegas het vyf tendense in die motorbedryf na vore getree.
Met net ’n veebeweging van die vingerpunt – in die lug voor die skerm – verstel sy die radio se volume harder.

1. Trukameras wat jou help om in ’n nou ruimte te parkeer, is vandag ’n algemene gesig in selfs Polo’s en Fiestas. Maar ’n nuwigheid is kameras wat ’n geanimeerde beeld vir jou gaan wys van wat om die draai aan die naderkom is.

Nissan se jongste “Invisible to Visible”-tegnologie gebruik bv. die motor se eie sensors (GPS-ligging, spoed, rigting) en kombineer dit dan met intydse inligting wat dit van ’n sentrale superrekenaar af aflaai.

Dus, jy ry laataand op ’n pad waarna jou skermpie ’n beeld sal wys van ’n vragmotor wat in aantog is. Die blikbrein weet daar is ’n vragmotor in aantog, want dis op die sentrale rekenaar bekend, hoewel jy dit self nog nie kan sien nie. Dit sal jou dan waarsku sodat jy versigtiger kan bestuur.

2. Verwag dat handbewegings en stembevele al meer ’n algemene gesig gaan word om take uit te voor, soos om die lugversorger te verstel of van radiostasie te verwissel.

Mercedes is tans die leier met die jongste tegnologie. Die volume kan bv. harder gestel word deur van links na regs ’n veebeweging te maak.

Net so kan jy voorheen se eenvoudige “Dial number”-opdrag nou in enige volsin sê, op verskillende maniere.

Engels is wel nog die rekenaar se moedertaal, maar jy kan in gewone sinsfrases praat. Of selfs vrae vra en stellings maak (“Ek is honger,” of “Wat is Sasol se aandeelprys?”).

3. Aangesien konnektiwiteit vandag so ’n groot faktor in ons lewens is, moet die moderne motor ook sy kant bring.

Een manier is om koordlose herlaaiing te bied. Jy sal in al meer voertuie ’n spesiale lêplekkie vir jou slimfoon vind waar dit in die ry koordloos herlaai kan word.

Dit bied ’n skoner binneruim sonder die lastige drade wat oral rondhang.

4. Nog ’n tendens is om tegnologie weg te steek. Ons wil graag die slim truuks hê, maar dit moet subtiel en op aanvraag daar wees – nes jou slimfoon wie se gesig kan afskakel, maar ’n kaart, internet, sosiale media, kamera en foon bied as jy die toepassing aktiveer.

In ’n motor kan dit só werk: Beweeg jou hand nader aan die raakskerm, en subkategorieë verskyn. Maar dit verdwyn weer as jou hand wegbeweeg.

5. En laastens gaan e-motorfietse al gewilder raak. Harley-Davidson het sy nuwe Live- Wire by die skou kom wys, wat sy eerste e-fiets is. Al meer tweewiel-groepe gaan nou op dié trein spring om die golf van e-mobiliteit te ry.

Meer oor:  Las Vegas  |  Tegnologie  |  Motors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.