Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Duime vas vir blits Mazda3

Onthou jy nog die dae van die Mazda MPS-motors? Toegerus met die groep se warm 2.3-liter-turbo’s was die 3-luikrug sowel as die 6-sedan iets waaroor Mazda-ondersteuners vandag nog met nostalgie en trots praat.

Met ’n nuwe Mazda3 sedert verlede jaar weer op die mark, is die goeie nuus dat die groep weer ’n haastige topmodel in sy portefeulje het. Maar, sover lyk dit of die nuwe Mazda3 2.5 Turbo slegs vir Noord- en Suid-Amerika bestem is.

Die 2.5-liter se volle doopname heet die Skyactiv-G Turbo, en dis natuurlik ’n verwysing na die groep se sogenaamde Skyactiv-tegnologie waar hy ’n rits slim stelsels bymekaarsit om ligter op brandstof te hardloop en skoner uitlate vry te stel. Die turbo-enjin is reeds in Europa en Amerika in Mazda se CX-5 te kry.

Mazda bring weer ’n warm topmodel na sy 3 in ’n stap wat herinner aan sy MPS-motors van twee dekades gelede.

In die luikrug (en later ook die sedan-weergawe) lewer die enjin ’n heel gawe 186 kW en 434 Nm wringkrag. Die kilowatt-syfer is dalk onder peil vergeleke met die topklas van die blitsbukse soos die Golf R, Megane RS Sport, A45 AMG en Civic Type R, maar sy wringkrag gesels met die groot honde saam. Dit gesê, die mededingers benut 2.0-liter-turbo’s terwyl die Mazda ’n 2.5-liter het.

Dis interessant dat Mazda ook op ’n vierwiel-aandryfstelsel vir die warm luikrug besluit het. Daar is ook slegs ’n sesgang- outomatiese ratkas oorsee as opsie.

Verskeie afwerkingspakkette is vir kopers te kry, maar nuttige tegnotruuks sluit in ’n terugdu-funksie sou jy uit jou baan ry, ’n selfstop-noodfunksie in stadstoestande, tru-kameras, ’n gonser wat jou dophou sou jy agter die stuur indut en outomatiese hoofligte.

Die instrumente het ’n groot raakskerm wat jou nutsfunksies huisves terwyl leerbekleedsel standaard sal wees.

Daar is nog geen sprake of die warm Mazda 2.5 Turbo na ons mark sal kom nie, maar dalk later in sy rakleeftyd as ’n eksklusiewe model in beperkte getalle. Met die huidige wisselkoers sal jy egter die hand diep in die sak moet steek – ons verwag enigiets noord van R750 000.

Meer oor:  Mazda
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.