Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
E-voertuie toekoms in motorbedryf

Na aanleiding van jul berig (29.10) oor die BMW iX3 wat 1 000 km vanaf Berlyn na Parys gery het, en die kostes van dié rit in vergeleke met dié van ’n petrol- en dieselvoertuig, net die volgende.

Ek besit self nou al vir twee jaar ’n elektriese BMW i3. Die direkte koste van ’n elektriese motor is nader aan 30% van wat petrol- of dieselmotors beloop op die langpad. Teen 120 km/h verbruik ’n elektriese voertuig (EV) so tussen 15 kWh en 17 kWh per 100 km. ’n Eenheid (kWh) by ons huis gelaai kos R2,50 as jy enkelfase-Eskom-krag sou gebruik. (Dit nou vergeleke met byna R1 per kWh vir driefase ná 22:00 saans.)

’n Soortgelyke reis met ’n elektriese motor in Suid-Afrika oor 1 000 km, sal jou dus tussen R570 en R650 kos. Dit nou in vergelyking met ’n petrol- of dieselvoertuig wat jou meer as R1 000 sal laat hoes. In die artikel se kosteberekenings is die direkte omskakeling van die euro na die rand misleidend.

Die groot verskil in die bedryfskoste is natuurlik in die stad, waar ’n EV se energieverbruik laer as 14 kWh is omdat energie met remwerk herwin word. Dit is ’n radikale verskil in vergelyking met ’n petrol- of dieselmotor se energieverbruik wat juis hoër is.

Wat mense deesdae doen wat EV’s besit, is om ’n paar sonpanele by die huis aan te bring. Dan raak die daaglikse bedryfskoste van ’n EV weglaatbaar min, en daar is geen lugbesoedeling of geraas nie. E-voertuie is ons toekoms in die motorbedryf.

Meer oor:  Stellenbosch  |  Mystem  |  Motors  |  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.