Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Eclipse knipoog met skerper gesig

Sedert sy koms in 2019 het Mitsubishi­ se nuwe Eclipse Cross straks nie so baie harte gewen as wat die vervaardiger gehoop het nie.

Sy “gewone” ASX, die ekwivalente grootte sportnuts wat meer konserwatief en vierkantig gestileer is, is werklik gewild in die mark. Maar die dinamies-gestileerde Eclipse Sport met sy luikrug-ontwerp en drukvlerkie wat halfpad in die agterruit sit, kon net nie dieselfde aandag lok nie.

Ons hou van die aggressiewe lyne van Mitsubishi se Eclipse Sport. Ko­pers bly tog maar katvoet vir hom en verkies die hoekerige ASX.

Die groep het nou ’n opknapping vir die model gebring wat enkele van dié aspekte aanspreek.

Die eerste ding wat ons raaksien, is dat Mitsubishi die gesplete agterruit weggegooi en vervang het met ’n standaard-soort ruit wat geen versperring in die middel het nie. Vervaardigers probeer dié truuk so nou en dan, en hou by die bekendstelling vol so ’n gesplete agterruit sal nie die bestuurder se sig nadelig beïnvloed of pla nie. Net om dit by die volgende opknapping tog te vervang. Soos nou weer. Op ’n skets lyk so ’n gesplete ruit mooi, maar dit pla maar altyd die bestuurders.

Nog ’n verandering aan die luikrug-klap is die nuwe remligte, wat nou ’n Y-ontwerp het en vertikaal strek, al langs die agterruit se lengte op.

Voor is die prominente sierrooster behou. Dit lyk werklik dinamies en fors, en die vertikale silwer panele wat soos boemerangs om die misligte vou, lyk besonder treffend. Die misligte self (LED-eenhede) is in ’n drie-boks-ontwerp gevorm. Bokant die boemerang-ligte sit ’n plat streep LED-ligte wat werklik dinamies lyk.

Die kajuit bied ’n mengsel van ougenerasie-wysers en ’n moderne raak­skerm. ’n Tru-kamera en sleutellose toegang is van die lang lys stan­daarditems.

In die kajuit is die analoog-wysers vir die spoed- en toerenaald behou, maar daar is ’n mooi raakskerm bo-op die instrumentpaneel. Die skerm kan koordloos met jou slimfoon koppel en al jou apps vertoon.

Albei die voorste sitplekke het nou elektroniese verstelling as standaarditems ingesluit.

Die nuwe agterklap beteken ook die laairuimte agter is ’n aks groter.

Ander tegno-hulpmiddels sluit in sleutellose toegang, ’n tru-kamera en ruitinligting voor die bestuurder.

Daar is steeds twee modelle om uit te kies, albei slegs voorwielgedrewe. Die basiese weergawe kry ’n 2.0-liter-enjin (natuurlik-geaspireerd) wat 110 kW en 198 Nm wringkrag lewer. Die topmodel het ’n 1.5-liter-turbo (110 kW, 250 Nm) en albei weergawes is gekoppel aan ’n CVT-soort outomatiese ratkas.

Pryse:

  • Eclipse Sport 2.0 GLS – R459 995;
  • Eclipse Sport 1.5t GLS – R499 995.
Meer oor:  Mitsubishi  |  Motors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.