Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Flou naam? Skud net jou sak
Marnus Hattingh

Een van die begeerlikste dinge in die motorbedryf is herkoms. Daardie abstrakte begrip wat op gister se heldedade dui, hetsy op die renbaan of in Afrika se bos.

Die ding wat herkoms so begeerlik maak, is dat jy dit nie kan namaak nie. Jy kan nie ’n geskiedenis optower nie. Jy het dit, of jy het dit nie.

Mercedes het herkoms. Toe Karl Benz in 1886 straat af met sy gemotoriseerde perdekar gery het, het hy gesorg dat Mercedes vandag die bloudruk vir herkoms het. Niemand kan die feit dat hy die motorwese begin het, van Mercedes wegneem nie.

Volkswagen, Renault en Ferrari het almal ’n lang, kleurryke herkoms. Land Rover en Jeep het laat – eers ná die Tweede Wêreldoorlog – begin, maar danksy veldryvernuf en ’n groot en getroue gevolg, kon hulle vinnig inhaal. ’n Herkoms is binne dekades gebou.

Maar vandag sit nuwe toetreders met ’n probleem. Hoe gemaak as jy ’n entrepreneur is wat ’n gaping in die mark vir elektriese voertuie sien? Omdat jy ’n ingenieursagtergrond het, of bloot ’n sake-agtergrond, weet jy hoe om ’n maatskappy te stig met ontwerpers, ingenieurs, ’n bemarkingspan en ’n produksielyn in ’n ou pakhuis.

Die tegnologie is redelik eenvoudig. Die beginsels is universeel, of jy sagte speelgoed by die duisende bou en of jy ’n basiese bakwerk met enkele meganika aanmekaarsit, dit is nie iets nuuts soos dit vir Henry Ford was nie.

Maar jy het nie herkoms nie. Jou naam is nuut. Jou maatskappy is nuut. Vertroue, by verbruikers, moet eers oor jare gewen word.

Kyk hoe lank het dit die Koreane geneem om vertroue te wen, en daarmee saam ’n nuwe, jong herkoms te bou. In die 1990’s het ons nog gelag vir Hyundais met hul vreemde naam en voorkoms. Vandag verkoop hulle by die duisende – selfs beter as Ford in Suid-Afrika – en mik die groep om wêreldwyd ’n topvyf-posisie in te neem wat verkope betref. Dus, slegs Volkswagen, General Motors en Toyota wat voor hom is. Almal gevestigde groepe met ’n herkoms wat veel verder terug strek as wat die Koreane het.

Maar jy het nie herkoms nie. Jou naam is nuut. Jou maatskappy is nuut. Vertroue, by verbruikers, moet eers oor jare gewen word.

Dis hoe moeilik dit is om ’n naam gevestig te kry.

Die Indiërs en die Chinese sit met ’n groter probleem. Daar is ’n kulturele meulsteen – reg of verkeerd – om hul nekke wat keer dat Westerlinge goedsmoeds vertroue in hul handelsmerk gaan plaas.

Dié twee lande se gekose roete om ’n herkoms te vind, is om dit te koop. Natuurlik kan jy nie ’n herkoms by die winkel in ’n pak van ses gaan aanskaf nie. Maar jy kan wel ’n ander vervaardiger oorneem, wat reeds ’n lang geskiedenis in die bedryf het.

Geely het Volvo oorgeneem. Tata het Jaguar en Land Rover bekom. Albei Oosterse vervaardigers het ’n skoon tjekboek aan die oorspronklike direksie gegee en gesê: Doen wat jy moet om jou produk weer die beste te maak wat hy kan wees. Ons sal betaal. Maar ons wil groei in verkope en wins sien.

Met diep sakke en ’n gemotiveerde span ingenieurs kan jy wondere verrig. Jaguar het voorheen gesukkel. Land Rover was in ’n ideologiese doodloopstraat. Volvo was so opwindend soos Kersvader in ’n safaripak.

Ons is mos van Suid-Afrika. Ons vat nie nonsens nie. Toe ons sien die Dakota wil nie wyk nie, toe flits ons maar net ons ligte vir hom!

Vandag is dié drie Europese vervaardigers aan die voorpunt van tegnologiese vernuwing wat boumetodes en meganika betref. ’n Enkele, gedeelde enjinblok vir diesel- en petrolvoertuie, regdeur sy reekse (Volvo). Aluminium- vervaardiging (Jaguar). Dis alles daar, danksy diep sakke.

Dan kom die bemarkingspan by. In 2005, in wat een van sy laaste mediabekendstellings sou wees voordat die groep bankrot gespeel het, neem Saab ons na Stockholm om sy nuwe 9-3 te ry.

Die eerste dag ry ons op die Sweedse platteland. Die landskap is mooi en die motor se turbo sing. Die tweede dag wil die bemarkers ons die groep se herkoms as ’n vliegtuigvervaardiger van nader laat ervaar. Ons gaan op ’n aanloopbaan ry met hul ­
Aero-model, die warm ene.

Wat die bemarkers nie sê nie, is dat die klein, militêre vliegveld steeds in gebruik is. Dit is net die een helfte van die aanloopbane en verbindingspaadjies wat afgekordon is vir ons gebruik.

Twee Suid-Afrikaners kom met wydgesperde oë terug ná ’n kort rit op die aanloopbaan. Hulle wou gou sy topspoed toets, en lê toe rieme neer op die hoofaanloopbaan. Halfpad kom hulle toe ’n ry oranje kegels teë, wat die pad afsper. Maar wat, hulle vleg links-regs deur, en jaag voort.

Net om oomblikke later tromp-op verras te word deur ’n Dakota van die Sweedse lugmag wat besig was om op te styg. Komend in hul rigting.

Ons vra die tweetal wat doen hulle toe? Dis immers ’n smallerige aanloopbaan. En ’n Dakota het groot skroewe. “Nee wat,” antwoord hulle. “Ons is mos van Suid-Afrika. Ons vat nie nonsens nie. Toe ons sien die Dakota wil nie wyk nie, toe flits ons maar net ons ligte vir hom!”

Die lugmag se Dakota moes onverrigter sake omdraai. En die Saab? ’Tag wat, dié het ’n goeie topspoed gehaal – soos sy Aero-herkoms mos op dui.

Meer oor:  Marnus Hattingh  |  Motors  |  Padlangs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.