Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Ford pak nou weelde-karweimark

Met sy nuwe Tourneo Custom met Limited-afwerking, gemik as teenvoeter vir Volkswagen se Kombi, Kia se Grand Sedona, Hyundai se H1 en in ’n mate Toyota se Quantum, pak Ford die weelde-karweimark nou met mening.

Ford pak nou die weelde-karweiersmark met sy Tourneo Custom Limited-model, beskikbaar teen R637 200. Foto: Ford SA

Die Tourneo Custom Limited, net beskikbaar in kort-asafstand-konfigurasie, is gepak met eksklusiewe weeldetoerusting, waaronder gedeeltelike leerbedekte sitplekke, verhitte sitplekke voor, ’n elektries beheerde bestuurdersitplek en lugversorging vir al drie rye sitplekke.

Buite word dit van die langas-Ambiente- en -Trend-model onderskei met kleurgepaste buffers, 16-duim-allooiwiele en ’n trekstang, en dit het ook ’n uitgebreide reeks bestuurshulpstelsels, insluitende sluitweerremme, ’n stabiliteitsprogram met bultweg­trekhulp, omrol-voorkomings­beheer, sleephulp en sleepwa-swaaibeheer.

Die binneruim van die Tourneo Custom is aanpasbaar met alle agterry-sitplekke wat kan platvou of selfs heeltemal verwyder kan word. Die Limited het ook ’n trukamera en parkeersensors.

Die Custom Limited word deur Ford se topvlak-2.2-liter-Duratorq-viersilinder-TDCi-turbodieselenjin aangedryf. Hierdie enjin lewer 114 kW teen 3 500 r/min en 385 Nm se wringkrag vanaf net 1 600 r/min – genoeg om ’n loonvrag van 939 kg (24 kg meer as die lang­as-modelle) gerieflik te hanteer.

Die Limited kan ook ’n geremde sleepwa met ’n gewig van 1 600 kg of ongeremde wa van 750 kg sleep. Die Custom Limited is nou beskikbaar by Ford-handelaars vir R637 200, wat goed vergelyk met die prys van die Hyundai H1 2.5 VGTi AT (R664 900), die VW Kombi Trendline Plus (R626 600) en Comfortline (R743 100), asook die Kia Grand Sedona 2.2D EX (R633 995).

Verhitte halfleersitplekke met armrusse vorm deel van die Tourneo Custom Limited se toerusting binne. Foto: Ford SA
Die besige instrumentepaneel met leerbedekte stuurwiel van die nuwe Ford Tourneo Custom Limited-model.Foto: Ford SA
Meer oor:  Ford  |  Nuwe Model  |  Motors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.