Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Ford was die res vooruit met V8

Ná die onlangse skrywes oor die 1937-Ford-sedan, so iets oor hierdie bekende V8-enjin. Henry Ford het in 1932 sy syklep-V8 bekend gestel. Dit het die vorige viersilinder vervang en sou tot 1953 diens doen. Terwyl Chevrolet en Chrysler aangesukkel het met sessilinder-enjins, kon Ford spog met sy V8.

As jy in daardie jare gepraat het van ’n V8, het dit ’n Ford V8 beteken!

Om geld te spaar, het Henry Ford ’n syklep-V8 gebou, die krukas gedra deur drie hooflaers. Een nokas in die “V” van die blok het die kleppe oopgemaak met kort stange. Die silinderkoppe het net die vonkproppe gehuisves en was bekend as die “flatheads”. In die volksmond was dié V8 dan ook bekend as die “flathead V8”.

Die eerste enjins se kapasiteit was 3.6 liter en het 50 kW ontwikkel. Met die jare is kapasiteit verhoog tot 4.2 liter en sekere militêre enjins, 5.5 liter. Dié enjin is ook gebruik deur Simca in Frank-ryk en in Brasilië tot 1964.

Sy neiging om te kook was die gevolg van die blokontwerp. Die uitlaatgas-poorte moes deur die blok, dus by die silinders en waterkanale, verby na buite loop. Dis logies dat hitte hier oorgedra was na die verkoelingswater!

Deur die jare is baie tyd en geld bestee om oorverhitting te bekamp. Planne soos dubbel- waterpompe en groter verkoelers het gehelp, maar kon nooit die ontwerp regdokter nie.

Meer oor:  Somerset-Wes  |  Brief  |  Mystem  |  Ford
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.