Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Fuso rek Canter se waarborg

Die Daimler-groep het pas aangekondig dat hy sy gewilde Fuso Canter-reeks van middelslag-vragmotors voortaan van ’n langer waarborg gaan voorsien. Die nuwe uitgebreide waarborg sal vir feitlik elke nuwe Canter geld, beginnende by 1 April vanjaar. Slegs die Canter FG 4x4 is nie by die uitgebreide waarborg ingesluit nie.

Die Canter ding in die kleinvragmotor-segment mee.

Volgens Daimler is die Canter sy brood-en-botter-model. Hy verkoop goed en danksy sy middelslag-grootte is hy ’n gewilde keuse vir feitlik enige tipe maatskappy wat ’n vragdraer soek.

Die vervaardiger het egter ál meer versoeke van sy klante ontvang dat hul enigste dringende behoefte tans is om ’n langer waarborg te hê as dit wat tans gebied word. Die bestaande waarborg was twee jaar en onbeperkte kilometers.

Die kopers het egter gesê hulle kyk eerstens na die lengte van die voertuig se waarborg alvorens hulle ’n keuse maak.

Daimler sê hy het met sy boontjietellers gesels, en toe met ’n paar Fuso-handelaars landwyd oor wat hulle als kan bied, en toe tot die besluit gekom dat die waarborg aangepas gaan word.

Die groep het weliswaar vertroue in sy produk, maar gaan nogtans sake fyn dophou om te kyk wat die impak hiervan op sy balansstaat gaan wees.

Die waarborg dek ’n omvattende instandhoudingsplan, uitgesluit die gewone slytasie-items op die vragmotor.

Meer oor:  Vragmotors  |  Nuwe Model  |  Motors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.