Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Gebruik kameras dan behóórlik

Ek verwys na die Padlangs van 16 Januarie waarin een van ons land se grootste tekortkominge heel tereg opgesom word – as iets jeuk, moet dit nie regmaak nie, maak liewer ’n nuwe wet of stel ’n komitee aan om die probleem te ondersoek.

Dit terwyl die maklikste, eenvoudigste en dikwels goedkoopste oplossing voor die hand liggend is.

Kyk maar na al die beplande wetgewing en beperkings wat voorgestel is om padsterftes te verminder – totaal onprakties gegewe die huidige gemors waarin die owerhede hul bevind om bloot rybewyse elke vyf jaar te hernuwe. Ons is waarlik “geseënd” met ’n regering wat hoegenaamd niks verstaan van onvoorsiene en onbeplande gevolge van optrede nie.

Maar om terug te kom na die werklike kwessie – is die wetgewing flou of is die beamptes flou? Die antwoord word heel gepas geïllustreer in die berig “Kameras vang duisende wat jaag” in Die Burger van 15 Januarie. Daarin word genoem dat die George-munisipaliteit binne 45 dae 30 392 spoedoortreders beboet het deur middel van kameras. In dieselfde tyd het hulle ook drie mense aangekeer vir dronkbestuur, vyf taxi’s geskut, twee onpadwaardige voertuie van die pad verwyder en 412 ander verkeersboetes opgelê.

Dit is dus duidelik dat die fokus van ons verkeersbeamptes eerder ingestel is om geld te maak as om daadwerklik op te tree teen motoriste wat ’n gevaar is op die pad weens onwettige en roekelose bestuur.

Niemand gaan my oortuig dat in 45 dae (oor die vakansieseisoen) het net drie ouens dronk bestuur of dat daar nie daagliks tientalle verkeersoortredings was nie, soos byvoorbeeld versuim om by ’n rooi verkeerslig te stop of om nie oor sperstrepe ander voertuie verby te steek nie – oortredings wat ek daagliks waarneem.

Die meerderheid beamptes kies die maklike uitweg, vermy konfrontasie, laat die kamera die werk doen én stel dit op waar daar min risiko is dat ’n ekstra 10 of 20 km/h werklik iemand se lewe in gevaar gaan stel.

As ons dan hoofsaaklik wetstoepassing by wyse van kameras wil doen, dan moet ons dit ordentlik doen. Bevorder die gebruik van paneelbord-kameras, laat motoriste die beeldmate­riaal van verkeersoortredings instuur en vervolg dan die oortreders met die beeldmateriaal as die nodige bewyse.

Meer oor:  Verkeersbeamptes  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.