Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Go Remix teiken jong latte
Datsun se Go Remix

As jy ’n Datsun-aanhanger is, jonk van gees en die gewone Datsun Go doen dit nie vir jou nie, is daar nou die Go Remix.

Die Remix is gegrond op die effens luukser Go Lux. Onthou nog die bohaai rondom die Datsun Go se veiligheid destyds? Wel, dit lyk nie asof dit ­kopers veel geskeel het nie.

Met net twee modelle het Datsun die meeste maande tussen 250 en 350 eenhede van die hand gesit. Die reeks is onlangs uitgebrei met die koms van die Go+ wat meer soos ’n klein stasiewaentjie met sewe sitplekke is.

Die Datsun bly van die goedkoopste nuwe rygoed wat beskikbaar is met die intreevlak Go Mid wat net R106 900 kos en die Lux wat jou R123 900 uit die sak sal jaag.

Die nuwe Remix is, soos genoem, op die Lux gegrond en kos R159 900. Daar sal net 200 eenhede van die Remix plaaslik beskikbaar wees.

Datsun sê die Remix word op kopers tussen 18 en 30 gemik.

Met die Remix kry jy ’n lugdinamika-pakket (drukvin agter en lugskorte rondom), 15-duim-allooivellings, misligte, kantspieëls met ingeboude flikkers,’n Blaupunkt Bluetooth-klankstelsel, donkerkleurige afwerking binne en Datsun Go-vloermatjies.

Onder die enjinkap is steeds dieselfde 1200, driesilinder-petrolenjin wat 50 kW en 104 Nm bied.

Meer oor:  Datsun  |  Toetsmotors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.