Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Honda veg terug . . .

Honda Ballade
Stuart Johnston het die plaaslike bekendstelling van twee nuwe Hondas byge­woon – die WR-V en ’n ou bekende, die Ballade.

Honda het pas twee nuwe modelle bekend gestel wat lyk of hulle die heuningkol in hul onderskeie segmente getref het: die WR-V en die Ballade.

Honda WR-V
Nuwe Honda WR-V

Honda kon die WR-V maklik as Jazz Mk II bemark het, want hierdie kruiswaentjie herinner my so baie aan die oorspronklike Jazz, wat so ’n treffer was toe Honda 20 jaar gelede onder die vlerk van Mercedes-Benz SA se beheer uitgekruip het.

Eerstens is daar enorme agterbeenruimte en tweedens die “towersitplekke” se verskeie vouposisies wat jou sonder moeite toelaat om die WR-V selfs in jou eie private afleweringswa te omskep, met laairuimte van 363 liter tot 881 liter.

WR-V-kajuit

Die WR-V voel ook lekker stewig, met die akkurate soort Honda-roer waarvoor ons in die verlede so lief was.

Die onaangejaagde 1.2-liter-viersilinder (66 kW/110 Nm) toer ywerig en met ’n lekker verfynde, aangename grom tot net onder 7 000 r.p.m.

Hoewel die enjintjie hard gewerk moet word om 1,1 ton rond te sleep, laat die vyfgang-handratkas se kort kierie ’n glimlag op jou gesig, omdat dit soos ’n renmotor s’n deur die gange skuif.

Nuwe Honda Ballade

Die nuwe Ballade is die agtste geslag van ’n model wat sedert die vroeë 1980’s gehelp het om Honda se naam in Suid-Afrika te vestig.

Die nuweling, wat aangenaam op die oog val, is duidelik ’n evolusie van sy voorganger en ry selfs op dieselfde platform, hoewel laasgenoemde nou 20% wringstewiger is, terwyl die heel nuwe bak effe langer en breër is.

Al drie Ballade-variante – die Comfort, Elegance en RS – gebruik Honda se onaangejaagde 1.5-liter-viersilinder (89 kW/145 Nm). Dis heel aanvaarbaar, maar ongelukkig het Honda ook besluit om al drie met kegeltransmissie (CVT, oftewel continuously variable transmission) toe te rus.

Die Elegance en RS bied wel ratiospane agter die stuurwiel waarmee “ratverwisselings” deur die drywer self beheer kan word; die Ballade spog met sewe gange.

Ek het juis verkies om die Honda so te bestuur, omdat CVT’s wat aan hul eie oorgelaat word steeds nie ’n handratkas se woema tydens verbysteek lewer nie.

Die Ballade is ’n netjiese, aangename motor wat redelik indien nie opwindend nie geprys is.

Honda se uitstaande reputasie vir betroubaarheid word voorts vir albei nuwelinge gerugsteun deur ’n 5 jaar/200 000 km-waarborg en ’n 4 jaar/60 000 km-versienplan.

Dit is twee tipiese goed geboude Hondas, maar myns insiens gaan die WR-V ’n groter treffer wees.

  • Pryse: Honda Ballade – van R336 500 tot R397 000; WR-V – R290 000 (Comfort) en R320 000 (Elegance).
Meer oor:  Honda Ballade  |  Motors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.