Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Honda verras met sy konserwatiewer HR-V

Honda se kleinste sportnuts, die HR-V, het straks toe nie die hoogtes in Suid-Afrika bereik waarop dit destyds gehoop het nie. Wat ’n jammerte is, want die kordate nuts was heel gaaf in voorkoms en slim in sy praktiese kenmerke.

Die nuwe, derdegenerasie-HR-V is pas in Japan onthul en behoort in die vierde kwartaal na Suid-Afrika te kom. Die vervaardiger wou niks rep oor sy fisieke afmetings nie, maar ons vermoed hy het met ’n paar sentimeter gegroei.

Die nuwe HR-V lyk maar baie koue ryspoeding neffens ’n kaaskoek as jy hom met sy ougat voorganger vergelyk.

Wat voorkoms betref, het Honda ’n heel nuwe rigting ingeslaan deur hom ’n baie skoner, gladder lyf te gee as die ou model s’n. Die sierrooster lyk strak met heelwat plastiekpanele rondom die skrefiesoog-hoofligte.

Die skuins luikrug is behou, maar die flanke is vertikale, plat panele met minimalistiese wielboë. Dis werklik ’n konserwatiewe voorkoms – vreemd, aangesien dit op jong kopers gerig is.

In die kajuit is die konserwatiewe tema voortgesit. Alle oppervlakke is pikswart, en ’n breë raakskerm wat al jou nutsfunksies huisves, maak sy debuut bo-op die instrumentpaneel.

’n Groter lyf beteken ’n raps meer binneruimspasie vir die nuwe HR-V.

Ons weet ook dat Honda sy slim sitplekverpakking van die ou model in die nuwe HR-V behou het. Die agterste sitplekke kan hul sitgedeeltes laat oplig en wegvou sodat jy ’n plat vloer het om artikels op staan te maak.

Onder die enjinkap sit ’n 1.5-liter-petrolenjin (natuurlik geaspireer), maar geen verrigting- of verbruiksyfers is bekend nie. Japan en ons vermoed Europa kry ook ’n hibridiese model, hoewel Suid-Afrika bes moontlik net die petrolenjin sal ontvang.

Meer oor:  Honda  |  Verras  |  Sportnuts
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.