Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Motors
Hope waarde teen billike prys

Suzuki Swift

Gepraat van onontdekte juwele, die klein Suzuki Swift is Simon en Garfunkel se Suzie wat ontwaak het – en nou reg vir kampus-pret is.

Teen minder as R180 000 vir die intree-GA-model kry jy hope waarde teen ’n billike prys. Die duurder modelle het meer geriefsitems, maar wat ’n rondry-voertuig betref, sal ons nie huiwer om ’n Swift aan te beveel nie.

Suzuki Swift

Hy bestuur lig en gemaklik, sy draaisirkel is van die skerpste wat ons nog teëgekom het, en hy is meer stabiel op die oop pad (en as jy hard moet rem trap) as van die goedkoper voertuie uit die Frans-Indiese stalle. Dis ’n meer betroubare, veiliger voertuig.

Die 1.2-liter (61 kW, 113 Nm) is verbasend lig op brandstof (4,9 liter), en die vyfgang-handratkas gaan jou nie soos ’n Olimpiese roeier laat lyk as jy uitklim nie.

Diens- en waarborgtydperke: 3 jaar/100 000 km vir die waarborg, en 2 jaar/30 000 km vir die diensplan.

Prys: R176 900

Meer oor:  Motors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.